Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Wêreldbeker-plesier: Suid-Afrika klop nr.2!
Karla Pretorius (hulpdoelverdediger) het Sondag vir Suid-Afrika uitgeblink. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika se netbalspan het Sondag – te midde van talle sporthoogtepunte regoor die wêreld – geskiedenis gemaak.

Hy het in die Wêreldbeker-toernooi in Liverpool, Engeland, daarin geslaag om Jamaika, tweede op die wêreldranglys met 55-52 te klop.

Dit is net die Proteas se derde oorwinning ooit oor die Sunshine Girls.

Suid-Afrika kon laas in 2012 in Kingston, Jamaika, met die Jamaikane afreken. Die telling toe was 56-49.

Die Proteas het met die oorwinning hul week en WB-toernooi op ’n puik koers geplaas.

Suid-Afrika was na die eerste kwart met 16-9 voor en met die rustyd met 32-21.

Jamaika het egter teruggeveg, maar Suid-Afrika het aan sy voorsprong vasgeklou.

Die Proteas speel Maandag teen Skotland, wanneer die tweede groepfase van die toernooi begin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.