Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Sukkelende Froome ‘heel gelukkig’

Ná die eerste twee skofte van die Vuelta a España was dit vir almal duidelik dat Chris Froome nog lank nie naby aan sy beste peil is nie, maar dié Britse fietsryer is allermins in sak en as.

Chris Froome se gebrekkige peil besorg hom nie slapelose nagte nie. Foto: Getty Images

Reeds tydens Dinsdag se eerste skof het die 35-jarige Froome (Ineos Grenadiers) gesukkel om by die peloton te bly en is hy uiteindelik agtergelaat. Hy het die skof in die 72ste plek, 11 minute en 12 sekondes ná die skofwenner, die Sloween Primoz Roglic (Jumbo-Visma), voltooi.

Woensdag was dit dieselfde storie, toe hy die skof in die 108ste plek, 18 minute en 44 sekondes ná die skofwenner voltooi het. So, ná twee skofte is hy algeheel in die 85ste plek, 29 minute en 53 sekondes agter Roglic – die algehele voorloper.

Froome, ’n tweemalige wenner van die Vuelta, se wêreld is in Junie 2019 op sy kop gekeer toe hy ernstige beserings tydens ’n valslag opgedoen het. So ernstig was sy beserings, dat daar vir sy lewe gevrees is, om van weer op ’n fiets te klim nie eens te praat nie.

“Dit is onrealisties van my om te verwag om my terugkeer na ’n Grand Tour te maak en te verwag dat ek sommer dadelik weer op my beste gaan wees,” het Froome, volgens VeloNews, gesê.

“Ek is heel gelukkig met hoe my bene voel en is ten volle daarvan bewus dat dit ’n proses is waardeur ek die volgende paar weke moet gaan om te probeer om my beste peil te bereik.”

Soos sake tans in die Vuelta staan, is Froome nie regtig van nut nie vir sy spanmaat Richard Carapaz, wat tans algeheel in die derde plek en ’n aanspraakmaker op die titel is.

Van ’n domestique (’n werkesel wat in die belang van die leier ry) word daar onder meer verwag om die pas vooraan die peloton te bepaal, maar om dít te kan doen, moet jy darem kan byhou, iets wat Froome nou kwalik toe in staat is. – Sportredaksie

Meer oor:  Vuelta A España  |  Chris Froome  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.