Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Summer Pudding soek soet sege
Summer Pudding sal Saterdag in die Summer Cup in Johannesburg in aksie wees. Foto: Facebook | Gold Circle

Suid-Afrika se Perd van die Jaar, Summer Pudding, sal Saterdag op haar beste moet wees as sy die gesogte Summer Cup by Turffontein, Johannesburg, wil wen.

Dié vierjarige merrievul, wat deur Paul Peter afgerig word, is een van die perde wat die swaarste gewig (59 kg) moet dra.

Sy het boonop ’n wye loting (18) om te oorkom en Warren Kennedy, die jokkie wat haar gaan ry, sal sy storie moet ken om haar goed te help eindig.

Dis die eerste keer dat Summer Pudding, wat sover al agt haar wedrenne gewen het, teen die reuns en die hingste gaan hardloop.

Nog ’n gunsteling, Tierra Del Fuego, het self ’n redelike wye loting om te oorkom.

Dié vyfjarige hings is een van vyf perde wat die afrigter Sean Tarry in die wedren het.

Tarry mik na sy vierde agtereenvolgende oorwinning in die Summer Cup.

Warren Kennedy is die jokkie wat op Summer Pudding se rug in die Summer Cup gaan ry. Foto: Gold Circle

Hy was in 2019 met Zillzaal in die wekampie. Zillzaal is Saterdag weer in aksie.

Behalwe vir Zillzaaal en Tierra Del Fuego, sal Tree Tumbo, Victoria Paige en Cornish Pomodora vir Tarry hardloop.

Gavin Lerena, wat die wedren al drie keer gewen het, sal op Tierra Del Fuego se rug wees.

Piere Strydom, wat die wedren, wat oor 2 000 meter beslis word, ook al drie keer gewen het, ry Asterix vir Paul Peter.

Vir die Port Elizabethse afrigter Zietsman Oosthuizen is dit ’n groot geleentheid, want hy saal vir die eerste keer ’n perd in die Summer Cup op.

Louis Mxothwa sal vir Oosthuizen die beste uit Atyaab, wat voorheen deur Mike de Kock afgerig is, probeer haal.

• Voor Saterdag se groot byeenkoms by Turffontein is die aandag egter nog eers op Vrydag se byeenkoms in Port Elizabeth by Fairview gevestig.

Die Algoa Cup- en die Glendore Sprint-wedrenne word op die Baai se kunsbaan gehardloop.

Vrydag se byeenkoms in Port Elizabeth begin om 11:50 en Saterdag s’n in Johannesburg om 12:05.

TV: Telly Track (kanaal 249).

Meer oor:  Perdesport  |  Perdry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.