Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Sun appelleer teen skorsing in Switserse hof
Die Chinees Sun Yang en sy ma het in September 2018 ’n buisie vol bloed, wat opkikkerbeamptes vroeër die dag van hom getrek het, met ’n hamer stukkend geslaan en die beamptes daarvan beskuldig dat hulle nie geregistreer was nie. Foto: Getty Images

Die omstrede Chinese swemmer Sun Yang het hom tot die Switserse federale hof gewend om te appelleer teen sy skorsing van agt jaar weens die gebruik van verbode middels.

Die Internasionale Sportarbitrasiehof (Cas), wat in Lausanne in Switserland gesetel is, het in Maart ten gunste van die Wêreldagentskap teen Verbode Middels (Wada) beslis in sy appèl teen Fina (internasionale swem se moederliggaam) se besluit om Yang nie in 2018 te straf nie.

Volgens Swimming World is die driemalige Olimpiese kampioen se appèl op 29 April in die Switserse federale hof geregistreer.

Cas het besluit om Yang vir agt jaar te skors, omdat dit sy tweede oortreding was. Die eerste was in 2014, toe tekens van ’n verbode middel in sy bloed gevind is. Hy is vir drie maande daarvoor geskors, maar Fina het geen woord daaroor gerep totdat die skorsing uitgedien was nie.

Sun (28) is die verdedigende Wêreld- en Olimpiese kampioen in die 200 m-vryslag. Hy het twee goue medaljes op die Spele in Londen in 2012 verower en nog een in Rio de Janeiro in 2016.

Die Australiese swemmer Mack Horton het verlede jaar geweier om saam met Sun Yang op die podium te klim op Fina se Wêreldkampioenskappe. Foto: Reuters

Die Suid-Afrikaanse swemster Chad le Clos het destyds gesê geregtigheid het geseëvier, maar ook maar net deels.

Le Clos wil graag sien dat die Chinees van al sy medaljes sedert 2014 gestroop word, insluitend die goue medalje wat hy op die Spele van 2016 voor Le Clos weggeraap het.

Die 2018-voorval waarvoor Sun in Maart geskors is, was aansienlik meer sensasioneel as ’n blote positiewe toets.

Sun en sy ma het in September 2018 ’n buisie vol bloed, wat opkikkerbeamptes vroeër die dag van hom getrek het, met ’n hamer stukkend geslaan en die beamptes daarvan beskuldig dat hulle nie geregistreer was nie.

Fina het die swemmer nie daarvoor gestraf nie, tot die ergernis van Wada en ’n groot deel van die swemgemeenskap.

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Swem  |  Olimpiese Spele  |  Verbode Middels  |  Chad Le Clos  |  Cas  |  Sun Yang  |  Wada  |  Opkikkers  |  Fina
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.