Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SuperSport-aanbieder kry hartomleiding
Die SuperSport-aanbieder Neil Andrews. Foto: Gallo Images

Die SuperSport-aanbieder Neil Andrews gaan Dinsdag ’n driedubbele hartomleiding in die Fourways Life-hospitaal in Johannesburg ondergaan.

Die 55-jarige Andrews het hom Saterdagaand weens ’n erge pyn in die bors laat opneem.

’n Woordvoerder van SuperSport het gesê Andrews se gemoedstoestand is goed en dat dié deurwinterde aanbieder sê hy “voel goed”.

Andrews werk reeds 29 jaar vir SuperSport as ’n aanbieder en fokus hoofsaaklik op rugby, sokker en perdewedrenne.

Andrews werk reeds 29 jaar vir SuperSport as ’n aanbieder en fokus hoofsaaklik op rugby, sokker en perdewedrenne.

Hy het in Junie met die webwerf Sporting Post gepraat oor die emosionele en finansiële impak wat die Covid-19-inperking op die sport- en perdewedrenbedryf, en as ’n gevolg ook op hom, gehad het.

Hy het verwys na “seëninge in oorvloed”, wat sy familie vir hom bied.

Andrews is getroud met Hlohlo en hulle het drie kinders, Elijah Gabriel (tien maande), Noah Benjamin (2) en Brighton Nathaniel (7).

Neil het ook ’n 23-jarige dogter, Melissa Jade, en ’n 19-jarige seun, Gregory Scott. – Sportredaksie

Meer oor:  Neil Andrews  |  Johannesburg  |  Hartomleiding  |  Rugby Sokker  |  Supersport  |  Perdewedrenne  |  Aanbieder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.