Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Swaargewigte: Kaf word van koring geskei
Tyson Fury (regs) was in sy tweede geveg teen Deontay Wilder (links) baas ná hul eerste kragmeting gelykop geëindig het. Hulle sal mekaar nou ’n derde keer pak. Foto: Getty Images

Teen die einde van volgende jaar sal ons uiteindelik weet wie nou eintlik die beste swaargewigbokser ter wêreld is.

Dís nou as daar wel met ’n voorgenome uitkloptoernooi vir die beste swaargewigte voortgegaan word.

World Boxing News berig dat die papierwerk so te sê afgehandel is en dat die vuiste binnekort gaan begin klap.

Dillian Whyte (links) en Alexander Povetkin (regs) kom later vandeesmaand in Engeland teen mekaar te staan. Foto: Getty Images

Die eerste geveg in die reeks was veronderstel om tussen Anthony Joshua van Brittanje en Kubrat Pulev van Bulgarye te wees. Dié twee sukkel egter nou al sedert Junie om ’n geskikte plek en datum te vind vir hul geveg waarin Joshua se titels van die Wêreldboksvereniging, Wêreldboksorganisasie, Internasionale Boksorganisasie en Internasionale Boksfederasie op die spel sal wees.

Anthony Joshua (links) en Kubrat Pulev (regs) het reeds kontrakte onderteken om teen mekaar te baklei. Die promotor Eddie Hearn (middel) moet nog bekend maak waar en wanneer die geveg sal plaasvind. Foto: Getty Images

Die eerste geveg in die reeks sal dus nou die een tussen Dillian Whyte van Brittanje en Alexander Povetkin van Rusland op 22 Augustus in Essex, Engeland, wees.

Die wenner van daardie geveg sal die wenner van die derde kragmeting tussen Tyson Fury van Brittanje en Deontay Wilder van Amerika pak. Daar moet egter ook nog besluit word waar en wanneer Fury en Wilder mekaar weer die stryd gaan aansê. Fury se Wêreldboksraad-titel sal op die spel wees.

Hierdie twee vegters lyk hier meer na strokiesprentkarakters, maar hulle tel onder die beste swaargewigte ter wêreld. Links is Oleksandr Usyk en regs Dereck Chisora. Foto: Getty Images

Wanneer Joshua en Pulev mekaar eindelik afgestof het, sal die wenner teen Oleksandr Usyk van Oekraïne of Dereck Chisora van Brittanje te staan kom.

Usyk en Chisora sou mekaar reeds maande gelede gepak het, maar die Covid-19-pandemie het ’n stokkie daarvoor gesteek. Hulle sal glo in Oktober nou bolle rol, daar moet nog net besluit word waar dit gaan gebeur.

Kyk hier hoe een van die top-swaargewigte, Oleksandr Usyk, te werk gaan in die kryt

Meer oor:  Boks  |  Andy Ruiz  |  Anthony Joshua
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.