Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Swede bloos ná hul met was mistas

Lede van die Sweedse ondersteuningspan by die Olimpiese Winterspele in Pjeongtsjang, Suid-Korea, het Sondag rooi gesigte gehad.

Die Sweedse veldskispan moes in die 4x10 km-afloswedren met ’n teleurstellende vyfde plek tevrede wees nadat die span wat die ski’s met was moes behandel, drooggemaak het.

Marcus Hellner (links) neem oor by Calle Halfvarsson in Swede se deelname aan die 4x10 km-afloswedren van die veldski. Foto: Reuters

Swede was die verdedigende Olimpiese kampioenspan, maar hul aartsvyand, Noorweë, het die goud gewen.

Die wasbehandeling van veldski’s is ’n mengsel van wetenskap en kuns. Verskillende soorte was word gebruik vir verskillende sneeutemperature en die Swede het hul lelik vergis.

Die Sweedse span het in die eerste twee skofte agtergeraak en kon daarna nie herstel nie.

“Ons wil verskoning vra vir Daniel (Rickardsson, wat die tweede skof geski het) en Jens (Burman, in die eerste skof), want ons kon nie beter vaar nie. Ons sê jammer aan die span en die Sweedse nasies,” sê Urban Nilsson, die hoof van die wasbehandeling.

“Ons het swak werk gedoen.”

Intussen het pres. Alexander Lukashenko van Belarus mond uitgespoel by die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) omdat Anton Kushnir, die verdedigende kampioen in die vrystyl-skispronge, nie vir die eindronde van die lugkompetisie (aerials) kon kwalifiseer nie.

Lukashenko sê die beoordeling was onregverdig.

Kushnir, wat aan sy vierde Spele deelneem, het gehoop om sy titel te verdedig en Belarus se oorheersing van die sport voort te sit. Hy kon Saterdag egter net-net nie kwalifiseer nie.

Lukashenko het ’n amptelike klag by die IOK oor die beoordelaars se beslissing ingedien.

“Hulle het die grootste aanspraakmaker uit die eindronde gegooi.

“Ek het vir Bach (Thomas, IOK-president) presies gesê wat ek dink.” – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Winterspele  |  Swede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.