Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Swem Suid-Afrika en Indië sluit verdrag

Swem Suid-Afrika (SSA) en Indië se swemfederasie het Donderdag ’n geskiedkundige samewerkingsooreenkoms onderteken.

Plaaslike swem-kenners soos Graham Hill, Suid-Afrika se hoofafrigter, gaan voortaan nog meer van hul kennis en kundigheid met Indiese swemmers deel. Foto: Gallo Images

Luidens ’n verklaring deur SSA gaan dié twee lande voortaan saamwerk om swem en waterpolo in hul onderskeie lande te ontwikkel.

As deel van hierdie ooreenkoms sal Suid-Afrikaanse en Indiese spanne in kompetisies teen mekaar deelneem.

Daarbenewens sal die Indiese span ook gesamentlike oefenkampe in Suid-Afrika bywoon.

Dié ooreenkoms is ’n formalisering van die goeie bande wat al baie jare tussen dié lande se swemfederasies bestaan. Indië stuur byvoorbeeld al jare van sy swemmers na Suid-Afrika om deur dié land se hoofafrigter, Graham Hill, touwys gemaak te word.

Alan Fritz, president van SSA sê dié nuwe inisiatief is ’n goeie manier om verby die uitdagings te kyk wat deur die Covid-19-pandemie teweeggebring is en nuwe geleenthede vir Suid-Afrika se swemmers en waterpolo-spelers te skep. – Sportredaksie

Meer oor:  Swem  |  Indië  |  Swem Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.