Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Taai boksers trap bietjie klei in VSA

Twee gevreesde boksers se reputasies het die afgelope naweek ietwat van ’n knou gekry.

Daar is vooraf verwag dat Efe Ajagba van Nigerië en Tugstsogt Nyambayar van Mongolië in hul onderskeie gevegte in Amerika omtrent die kryt aan die brand sou boks.

Efe Ajagba sal nou maar eers sy beseerde hand moet laat rus voor hy weer aan ’n boksgeveg kan deelneem. Foto: Getty Images
Tugstsogt Nyambayar het gesukkel om teen die taai Cobia Breedy in die Amerikaanse staat Connecticut te seëvier. Foto: Getty Images

Ajagba moes egter in Las Vegas met ’n bra saai punte-oorwinning in sy swaargewig-geveg teen Jonnie Rice tevrede wees.

Nyambayar het op sy beurt vir Cobia Breedy in Uncasville vroeg twee keer platgeslaan, net om toe te begin sukkel en hy was eindelik bitter gelukkig om met punte te wen.

Volgens Sky Sports het Ajagba sy regterhand beseer en het hy toe maar besluit om meer takties te boks as gewoonlik.

Ajagba hoop steeds om in die toekoms teen die wêreldkampioen Anthony Joshua te boks.

“Vaardigheid sal Anthony Joshua klop, nie krag nie. Ons is albei sterk, maar ek het meer vaardighede as hy,” het Ajagba ná sy flou vertoning teen Rice probeer grootpraat.

Nyambayar het aan Boxing News gesê hy “weet” sy kragmeting met Breedy was baie mededingend.

“Ek was tog verbaas dat een beoordelaar gedink het Breedy was die wenner; ek het gedink ek het genoeg gedoen om te wen,” het hy gesê.

Twee beoordelaars het Nyambayar met onderskeidelik 114-113 en 114-112 laat wen, terwyl nog een gedink het Breedy was met 115-111 baas.

Nyambayar hoop steeds om weer teen die Wêreldboksraad se veergewigkampioen, Garry Russell, te boks.

Russell het Nyambayar in Februarie in ’n goeie geveg met punte verslaan. – Sportredaksie

Meer oor:  Efe Ajagba  |  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.