Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Taai naweek sal wys wat steek in Stings
Abeline Olivier se Stings-span het ’n moeilike naweek wat voorlê.Foto: Backpagepix

Dit is die stryd van die voorlopers wanneer die derde naweek van die nasionale netballiga in Pretoria beslis word.

Die Jaguars se kragmeting Sondag met die Stings beloof die hoogtepunt te wees.

Dit is die spanne se herontmoeting nadat die Wes-Kapenaars die Noord-Gautengers in die eerste naweek met ’n enkele doel geklop het.

Die Jaguars, die verdedigende kampioen, is die voorlopers met agt punte ná vier oorwinnings en een nederlaag. Die Stings is onoorwonne ná drie wedstryde. Die Vrystaatse Crinums het twee seges behaal en het vier punte.

Abeline Olivier, kaptein van die Stings, sê haar span groei elke naweek sterker as ’n eenheid.

Olivier se span moet Vrydag eers met die Flames klaarspeel en Saterdag met die Crinums afreken voordat hy aan die tuisspan kan dink.

“Ons het Woensdagaand ’n oefenwedstryd teen Brackenfell gespeel en nuwe kombinasies en ons uithouvermoë getoets.

“Ons sal elk van die wedstryde anders benader en ons sal ons span kies na gelang van ons teenstanders,” sê Olivier.

Naweekprogram (Rembrandt-sentrum, Tuks):
 Vrydag: 14:00: Kingdom Stars t. Baobabs; 16:00: Flames t. Stings (SS 10); 18:00: Sunbirds t. Diamonds (SS 10); 20:00: Smileys t. Presidente-manspan. Saterdag: 10:00: Aloes t. Baobabs; 12:00: Jaguars t. Fireballs; 14:00: Sunbirds t. Stars; 16:00: Stings t. Crinums (SS 10); 18:00: Smileys t. Presidente-manspan (SS 10). Sondag: 09:30: Aloes t. Diamonds (SS 4); 11:30: Crinums t. Fireballs (SS 4); 13:30: Stings t. Jaguars; 15:30: Smileys t. Flames.

Meer oor:  Abeline Olivier  |  Pretoria  |  Tuks  |  Stings  |  Netbal  |  Flames  |  Jaguars  |  Nasionale Liga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.