Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Taai ruiters én perde pak 350 km
Sulke tonele wag op deelnemers aan die Race the Wild Coast-perdewedren.

Saterdag begin een van die taaiste langafstand-perdewedrenne ter wêreld by Port Edward in KwaZulu-Natal.

Die Race the Wild Coast-wedren eindig eers vyf dae later ná 350 km by Keimond.

Elke ruiter neem met drie perde deel. Hy of sy wissel van perd ná 123 km en 209 km.

’n Veearts ondersoek die perde ná elke skof. ’n Deelnemer kan net voortgaan sonder enige strafpunte as hy die groen lig van die veearts kry.

Perd of ruiter moenie bang wees om deur riviere te swem in die Race the Wild Coast-perdewedren nie.

Die wedren bestaan uit 12 skofte met ruiters wat elke dag meer as 80 km sal aflê.

Barry Armitage, een van die organiseerders, sê dis ’n taai uitdaging.

“Dis wesenlik om fiks te wees. Daar is ’n paar kwaai bulte en die rivierdeurgange is moeilik.”

Armitage is self ’n bedrewe ruiter en het die 1 000 km lange Mongoolse Derby, die langste en taaiste ter wêreld, verlede jaar gewen.

Die Race the Wild Coast is twee jaar gelede vir die eerste keer gehou.

Monde Kanyana het toe internasionale sterre soos Sam Jones van Australië uitgestof om te wen.

Besoek rockethorseracing.co.za vir meer inligting.

Meer oor:  Barry Armitage  |  Oos-Kaap  |  Perde  |  Uithouwedren  |  Race The Wild Coast  |  Ruitersport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.