Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Tete: Troef my eers, dan’s jy kapokhaan
Hierdie twee kapokgewigte is reg om Donderdag in Japan die wit waks uit mekaar te moker. Links is Naoya Inoue en regs Nonito Donaire. Foto: Getty Images

Naoya Inoue kan homself nie waarlik as die beste ter wêreld beskou voordat hy teen hóm baklei het nie, sê Zolani Tete.

Tete voorspel ook dat die Japannese bokser Donderdag sy geveg teen Nonito Donaire van die Filippyne sal wen.

Inoue, die kapokgewig-kampioen van die Internasionale Boksfederasie, en Donaire, die Wêreldboksvereniging se kampioen, pak mekaar in Saitama in Japan.

Dié geveg is die eindronde van ’n uitklopreeks vir kapokgewigte waaraan Tete ook deelgeneem het.

Zolani Tete reken enigeen wat homself die kapokgewig-koning wil noem, moet eers verby hom kom. Foto: Getty Images

Tete, die Wêreldboksorganisasie (WBO) se kampioen, het egter ’n skouerbesering opgedoen ná die kwarteindronde en moes hom toe aan die reeks onttrek.

“Ek glo Inoue sal Donaire klop,” het Tete aan Boxing Scene gesê.

“Maar hy moet weet, hy moet eers teen my veg voordat hy homself regtig as die kapokgewig-koning kan beskou.”

Die meeste kritici is dit met Tete eens dat die 26-jarige Inoue met Donaire sal afreken.

Donaire was ’n paar jaar gelede een van die opwindendste vegters in die wêreld, maar op 36-jarige ouderdom begin hy nou uitrafel.

Inoue is nes Tete ’n verwoestende slaner. Hy is nog onoorwonne en spog met 16 uitklophoue in 18 gevegte.

Tete het 21 van sy 28 oorwinnings in die beroepskryt met uitklophoue behaal. Die Suid-Afrikaner het boonop van sy skouerbesering herstel en verdedig sy WBO-titel op 30 November in Birmingham, Engeland, teen John Riel Casimero, ook van die Filippyne.

“Hy (Casimnero) is ’n baie taai vegter. As ek verby hom kan kom, sal ek beslis teen Inoue wil boks,” sê Tete.

Meer oor:  Boks  |  Zolani Tete  |  Naoya Inoue  |  Nonito Donaire
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.