Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Teuns wen Tour-skof, Ciccone dra geeltrui
Die Belg Dylan Teuns Donderdag onderweg na sy oorwinning in die sesde skof van die Tour de France. Foto: Reuters

Die Belgiese fietsryer Dylan Teuns het Donderdag die sesde skof van die Tour de France gewen.

Dié is oor ’n afstand van 160,5 km van Mulhouse na La Planche des Belles Filles beslis.

Teuns, van die Bahrain-Merida-span, het Giulio Ciccone om die louere geklop, maar dié Italianer is na dese die draer van die algehele voorloper se geeltrui ná ’n uitmergelende skof wat met ’n kwaai klim van 7 km geëindig het.

Nog ’n Belgiese jaer, Xandro Meurisse, was derde.

Die verdedigende Tour-kampioen, die Brit Geraint Thomas, het die sterkste bene in die bondel gehad en was vierde oor die eindstreep, twee sekondes voor Thibaut Pinot van Frankryk.

Ciccone is nou met ses sekondes die algehele voorloper na die sesde skof, gevolg deur die Fransman Julian Alaphilippe.

Vrydag se sewende skof oor 230 km strek van Belfort na Chalon-sur-Saône. – Reuters

Meer oor:  Tour De France
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.