Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Titelgevegte wink vir Oos-Kaapse boksers
s
Yanga Sigqibo en die promotor Ayanda Matiti ná een van Sigqibo se vorige gevegte. Foto: Facebook

Vier boksers van die Oos-Kaap kan voor die einde van die jaar vir wêreldtitels boks.

Daar is glo groot dinge in die pyplyn vir Yanga Sigqibo, Lodumo Lamati, Azinga Fuzile en Khanyile Bulana.

Sigqibo boks op 13 Maart in Italië (die plek moet nog aangekondig word) teen Nordine Oubaali van Frankryk, die Wêreldboksraad (WBR) se kapokgewigkampioen.

Sigqibo boks gewoonlik in ’n ligter afdeling, so hy sal sy storie teen die gedugte Oubaali, wat nog onoorwonne is ná 17 gevegte, moet ken.

Lamati, wat deesdae in Johannesburg woon, se promotor Rodney Berman, hoop dat hy in Junie vir die vakante junior veergewigtitel van die Internasionale Boksorganisasie (IBO) sal baklei.

En dan is Fuzile ’n geveg in die nabye toekoms teen Michael Magnesi, die IBO se superveergewigkampioen, in Italië aangebied.

Fuzile het egter die geveg van die hand gewys omdat hy eerder die Internasionale Boksfederasie se titel soek.

Hy moet oor ’n paar maande in ’n uitdungeveg teen ’n teenstander, wie se naam nog bevestig moet word, boks.

Dit het die deur vir Bulana, wat nog onoorwonne is ná 12 gevegte, oopgeswaai om Magnesi die stryd aan te sê.

Meer besonderhede oor bogenoemde gevegte sal glo binnekort bekend gemaak word.

Lodumo Lamati hoop om vanjaar vir ’n wêreldtitel t
Lodumo Lamati hoop om vanjaar vir ’n wêreldtitel te boks. Foto: Facebook

• Twee hoogaangeskrewe kapokgewigte pak mekaar Donderdag in Tokio se Korakuen-saal.

Takuma Inou word as die gunsteling beskou om met Keita Kurihara af te reken, hoewel hy baie versigtig vir Kurihara se slaankrag sal moet wees.

Kurihara het 13 van sy 15 oorwinnings met uitklophoue behaal. Hy het wel al vyf keer verloor.

Inoue was nog net een keer in 14 gevegte aan die verloorkant en dit was in November 2019 toe Oubaali hom met punte verslaan het.

Kyk hier na hoogtepunte van die geveg tussen Takuma Inoue en Nordine Oubaali:

Meer oor:  Azinga Fuzile  |  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.