Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Spele in hande van vrou met vuur in haar hart

Toe Seiko Hashimoto se pa haar in Oktober 1964 na die Olimpiese vlam vernoem, het hy – wetend of onwetend – haar lotsbestemming uitgestippel.

Vyf dae ná haar geboorte het Tokio die eerste keer gasheer gespeel vir die Olimpiese Spele. Byna 20 jaar daarna het Hashimotor in 1984 in Sarajevo haar Olimpiese debuut gemaak.

Seiko Hashimoto, Japan se nuwe Olimpiese minister. Foto: Getty Images

Dit sou die eerste van haar sewe verskynings op ’n Spele wees en haar agt jaar later Olimpiese brons besorg.

Nou het Hashimoto volsirkel gestap.

Dié 54-jarige is deesdae ’n politikus en is pas aangestel as Japan se Olimpiese minister – net minder as ’n jaar voordat Tokio sy tweede Olimpiese Somerspele aanbied.

Hashimoto, ’n boorling van die merendeels ysige eiland van Hokkaido in die noorde, het in Japan beroemdheid verwerf as ’n snelskaatser en in 1984, 1988, 1992 en 1994 daaraan deelgeneem by die Winterspele.

In 1992 in Albertville het sy derde geëindig in die 1 500 m-eindronde.

Maar sy het nie al haar tyd op die ys deurgebring nie – inteendeel. Hashimoto het begin fietsry as deel van haar oefenregime in die afseisoen, en dit so goed gedoen dat sy by die Somerspele van 1988, 1992 en 1996 in baanfietsry meegeding het.

Met haar laaste deelname, in 1996 in Atlanta, was sy boonop reeds ’n Japanse parlementariër, ná sy in 1995 verkies is.

Dít was ’n eerste in Japan, wat nog nooit voorheen oor ’n politikus op die Olimpiese verhoog kon kraai nie.

Toe Hashimoto in 2000 die eerste keer ma word, was dit ook geskiedenis. Sy was die eerste Japanse parlementariër ooit om geboorte te skenk.

Deesdae is sy ’n ma van ses (drie stiefkinders uit haar man se eerste huwelik en hul drie kinders saam) en is opvoeding, gesondheid en Japan se dalende geboortekoers hoog op haar agenda.

Van sport het sy nietemin nooit heeltemal weggestap nie. Sy is die visepresident van Japan se Olimpiese komitee en president van die land se Skaatsfederasie. Met die vorige Somerspele, in 2016 in Rio de Janeiro, was sy Japan se chef de mission.

Dis duidelik dat die Olimpiese vlam waarna Hashimoto destyds vernoem is, ’n Olimpiese vuur in haar hart aangesteek het.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Seiko Hashimoto  |  Tokio  |  Japan  |  2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.