Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Tomba se tier Jagge sterf op 54
Finn Christian Jagge in Switserland in aksie kort voor sy uittrede in 2000. Foto: Getty Images
Finn Christian Jagge

Finn Christian Jagge, Noorweë se Olimpiese slalom-skikampioen in 1992, is op die ouderdom van 54 dood.

Volgens sy vrou, Trine-Lise, is hy weens ’n “akute siekte” dood.

Jagge het in 1992 groot roem by die Olimpiese Winterspele in Albertville, Frankryk, verwerf toe hy die oorweldigende gunsteling, Italië se legendariese Alberto Tomba, om die goud in die slalom-ski-item geklop het. Tomba het by daardie Spele gepoog om die eerste Alpynse skiër te word om vier goue medaljes te verower. Hy moes uiteindelik met silwer tevrede wees.

Jagge het benewens sy Olimpiese triomf ook sewe keer in Wêrelbeker (WB)-kompetisies koning gekraai.

Hy het in 2000 – in sy laaste WB-kompetisie ná ’n loopbaan van 15 jaar – in ’n aandpak en met ’n strikdas en ’n sonbril aan geski. – Reuters

Meer oor:  Finn Christian Jagge  |  Slalom-Ski  |  Oorlede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.