Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Topfietsryer neem blaaskans weens ‘druk’

Die druk om op topvlak te presteer, het daartoe aanleiding gegee dat die Nederlandse fietsryer Tom Dumoulin tyd weg van fietsry geneem het om oor sy toekoms te besin.

Die Nederlandse fietsryer Tom Dumoulin gaan oor sy toekoms besin. Foto: Getty Images

Dumoulin (30), wat as een van die voorste padryers beskou word, het Saterdag in ’n ietwat ongewone stap aangekondig dat hy sy beroepspan, Jumbo-Visma, dadelik vir ’n onbepaalde tydperk gaan verlaat.

“Vir te lank het ek die groot druk ervaar om te presteer. Ek voel dat ek altyd my beste vir die span, borge en ondersteuners wil lewer,” sê Dumoulin op Twitter.

“Ek het regtig tyd nodig om klarigheid te kry oor wat ek wil hê en hoe ek dit wil bereik. Dit voel baie goed om hierdie stap te neem en ek kry goeie ondersteuning van my vriende, familie en ook die span. Ek gaan baie dinkwerk doen en ook met baie mense praat en is vol vertroue dat ek in die tyd antwoorde sal vind.”

Vir te lank het ek die groot druk ervaar om te presteer.
Tom Dumoulin

Dumoulin, ’n klimmer wat ook bekend is vir sy vaardighede in tydtoetse, het die prestigeryke Giro d’Italia in 2017 gewen – dieselfde jaar toe hy die wêreldkampioen in die tydtoets geword het. In 2018 was hy die naaswenner in die Giro en die Tour de France.

Dié Nederlander spog met skofseges in al drie Grand Tours (Tour, Giro en Vuelta a España).

Maar 2019 was ’n moeilike jaar vir Dumoulin, deels omdat hy met beserings gesukkel het. Hy het hom in 2020 by Jumbo-Visma aangesluit en het saam met die Sloween Primoz Roglic dié span se aanslag by die 2020-Tour gelei.

Ná ’n paar skofte in die Tour het Dumoulin, wat allermins op sy stukke gelyk het, egter sy fokus daarop geplaas om Roglic van ’n wen te probeer verseker. Roglic was op die ou einde die naaswenner, met Dumoulin wat sewende was. – Sportredaksie


Meer oor:  Tom Dumoulin  |  Nederland  |  Tour De France  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.