Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Tour de France: Martin wen 6de skof

Die Ier Dan (Daniel) Martin (Team Emirates) het ná hy net voor die einde ’n effense gaping tussen voorste ryers bewerkstellig het daarin geslaag om die sesde skof van die Tour de France te wen.

Daniel Martin ry oor die eindstreep. Foto: Reuters

Hy het enduit vasgeklou aan die voorsprong van ’n paar meter op ’n dag waarin die klimmers kans gekry het om hul ding te doen.

Die skof oor 181 km tussen Brest na Mûr-de-Bretagne Guerlédan het benewens wind van voor op ’n laaste steil helling geëindig.

Martin was eerste in 4:13:41 gevolg deur die Fransman Pierre Latour en die Spanjaard Alejandro Valverde wat onderskeidelik een en drie sekondes ná hom oor die eindstreep is. Die verdedigende kampioen, Chris Froome, was 18de, agt sekondes agter die wenner.

Vrydag se skof van 231 km, van Fougeres na Chartes, is die langste van die Tour.

België se Greg van Avermaet (BMC) is vir die derde agtereenvolgende dag die algehele voorloper.

* Suid-Afrika se Ashleigh Moolman-Pasio het in die Giro Rosa in Italië haar derde plek Woensdag met ’n tweede plek in Donderdag se tydtoets opgevolg. – Sportredaksie

Meer oor:  Tour De France  |  Skof 6  |  Dan Martin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.