Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Tour: Geraint skuif op na 2de plek

Die Belgiese fietsryer Wout van Aert het in ’n woeste naelren na die wenstreep sy neus voorgekry om Maandag die 10de skof van die Tour de France te wen.

Van Aert (Jumbo-Visma) het die 217,5 km tussen Saint-Flour en Albi in 4:49:39 voltooi.

Wout van Aert vier sy oorwinning in Maandag se skof. Foto: Reuters

Die 24-jarige Van Aart, sy land se tydtoetskampioen, was net-net voor die Italianer Elia Viviani (Quick-Step) wat die vierde skof gewen het.

Australië se Caleb Ewan (Lotto-Soudal) was derde oor die wenstreep.

Die belangrikste ná Maandag se skof is dat die verdedigende kampioen, Geraint Thomas (Ineos), opgeskuif het op die algehele stand. Hy het die dag in die algehele vyfde plek begin, 1 minuut en 12 sekondes agter die draer van die geeltrui, die Fransman Julian Alaphilippe (Deceuninck-Quick-Step).

Die 33-jarige Brit het die skof in die 12de plek voltooi en bevind hom in die algehele tweede plek.

Alaphilippe was net voor hom oor die eindstreep en die verskil tussen die twee is steeds 1 minuut en 12 sekondes.

Suid-Afrika se Reinardt Janse van Rensburg (Dimension Data) het die skof in die 65ste plek voltooi en Daryl Impey (Mitchelton-Scott), wat Sondag se skof gewen het, was 126ste oor die wenstreep.

Dinsdag is ’n rusdag, waarna die ryers Woensdag die 11de skof oor 167 km tussen Albi en Toulouse aanpak. Dit is ook ’n redelike plat skof, voordat die ryers Donderdag die berge invaar. Dit is juis daar wat Thomas sy stem kan dikmaak.

Meer oor:  Tour De France
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.