Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Tour de France’-glorie wink vir SA span

Ná die Suid-Afrikaanse NTT-fietsryspan se soveelste oorheersende vertoning die afgelope naweek in die virtuele Tour de France, is hy in ’n goeie posisie om Sondag as kampioen gekroon te word.

NTT het steeds die geeltrui in sy besit nadat twee van sy ryers, Michael Valgren (Denemarke) en Michael Gogl (Oostenryk), in Sondag se vierde skof oor 45,8 km onder die voorste tien geëindig het.

Dié virtuele wedren word op Zwift beslis.

Valgren was derde, terwyl Gogl agtste was. Die skof is gewen deur die Aussie Freddy Ovett (Israel Start-Up Nation) in 58 minute en 6 sekondes.

Die Suid-Afrikaanse span is stewig in die eerste plek met 263 punte, gevolg deur Rally van Amerika in die tweede plek met 188.

Vir die grootste gedeelte van die skof was Valgren en Gogl aan die voorpunt van die peloton en het sake dikteer.

Ook in Saterdag se derde skof was die NTT-ryers prominent. Ryan Gibbons, wat bitter naby aan nog ’n skofsege gekom het, was vyfde, met sy spanmaat Rasmus Tiller (Noorweë) sesde.

Die Suid-Afrikaners het ná Saterdag se skof op 193 punte gestaan, met Rally tweede met 156.

• Tegniese probleme het Suid-Afrika se Ashleigh Moolman-Pasio (CCC-Liv) gedwing om vroeg in Sondag se vierde skof van die vrouewedren die handdoek in te gooi. Sy is vooraf as een van die gunstelinge beskou.

Die 19-jarige Brit April Tacey (Drops) het die skof, wat ook oor 45,8 km beslis is, gewen. Haar tyd was 1 uur, 4 minute en 47 sekondes. Dit is Tacey se tweede skofsege, nadat sy verlede naweek die eerste skof ook gewen het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.