Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Tour-grootbaas terug ná Covid-terugslag
Christian Prudhomme, direkteur van die Tour de France. Foto: Getty Images

Nadat Christian Prudhomme, die direkteur van die Tour de France, verlede week positief vir die koronavirus getoets is en in isolasie gegaan het, is hy weer terug op sy pos.

Prudhomme (59), wat asimptomaties is, se jongste toetsuitslag is negatief.

Francois Lemarchand was in Prudhomme se afwesigheid die direkteur van die Tour.

Die reëls van vanjaar se Tour bepaal dat indien ’n span, ryers en ondersteuningspersoneel ingesluit, twee positiewe toetse oplewer, die span summier uit die wedren geskop sal word.

Vier personeellede van Cofidis, AG2R La Mondiale, Ineos Grenadiers en Mitchelton-Scott is verlede week positief getoets.

Al die toetse wat Sondag en Maandag uitgevoer is, was negatief. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Tour De France  |  Covid-19  |  Fietsry  |  Christian Prudhomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.