Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Tour: Impey se spanmaat wen skof

Die Brit Simon Yates het Donderdag se 12de skof van die Tour de France gewen – die eerste keer dat hy ’n skofsege in die wêreld se voorste fietstoer kon behaal.

Yates (26), ’n spanmaat van Suid-Afrika se Daryl Impey by Mitchelton-Scott, het die 209,5 km tussen Toulouse en Bagnères-de-Bigorre in 4 uur, 57 minute en 53 sekondes voltooi.

Simon Yates ry Donderdag eerste oor die eindstreep. Foto: Reuters

Die Spanjaard Pello Bilbao (Astana) moes met die tweede plek tevrede wees, terwyl Oostenryk se Gregor Mühlberger (Bora-hansgrohe) derde oor die eindstreep was.

Yates sê egter hy was nie oortuig dat hy sou wen nie.

“Ek het nie baie selfvertroue gehad dat ek hulle (Bilboa en Mühlberger) sou klop nie. Ek het nie geweet hoe vinnig hulle is nie, maar ons spanbestuurder het my aangesê om te sorg dat ek met die laaste draai in die voorste posisie is.

“Ek is bly dinge het uitgewerk. Om ’n skofsege in al drie die Grand Tours (Tour, Vuelta a España en Giro d’Italia) te behaal is iets wat my baie trots maak. Ná Daryl Impey se sege die ander dag het ons ’n fantastiese Tour, en hopelik sal dit so voortduur,” sê Yates, volgens letour.fr.

Hy het in 2018 die Vuelta gewen en ook drie skofseges in verlede jaar se Giro behaal.

Donderdag was die eerste werklike uitdaging vir die ryers in die berge, en die hartseer nuus vir die verdedigende kampioen, Geraint Thomas (Ineos), is dat Julian Alaphilippe (Quick-Step) steeds aan die geeltrui vasklou.

Die Fransman het 31ste oor die eindstreep gery, terwyl Thomas net voor hom, in die 27ste plek, die skof voltooi het.

Dit laat Thomas met die dilemma met hoe en waar hy die Fransman gaan probeer agterlaat.

* Vrydag kry die tydtoetsryers die kans om hul staal te wys. Die 13de skof is ’n individuele tydtoets oor 27,2 km in Pau. Die veelsydige Thomas was vroeër in sy loopbaan ’n baanfietsryer, en moet een van die gunstelinge wees.

Impey is natuurlik die afgelope sewe jaar die Suid-Afrikaanse tydtoetskampioen, en dit is vir hom ’n goeie geleentheid om homself teen die groot honde te meet.

Meer oor:  Tour De France  |  Simon Yates
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.