Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Tour in 2020 sal klimmers bevoordeel

Fietsryers wie se sterkpunt klimwerk is, het Dinsdag breed geglimlag.

Die organiseerders van die Tour de France het 2020 se roete bekend gemaak en die eerste bergskof sal reeds op die tweede dag beslis word. Daar sal ook net een tydtoets wees – op die vooraand van die laaste parade op die Champs-Élysées.

Egan Bernal en Geraint Thomas van die Ineos-span ry in Parys gedurende die 21ste skof van vanjaar se Tour de France. Foto: Getty Images

Die wenner van die toer kan moontlik nog in dié voorlaaste skof beslis word, met ryers wat in ’n 36 km-solopoging teen die horlosie in aksie sal wees. Die tydtoets sal eindig by die Planche des Belles Filles – die tuiste van die Franse held Thibaut Pinot.

Die heuwelagtige roete van volgende jaar se Tour sal Pinot bevoordeel, asook die verdedigende kampioen, Egan Bernal van Colombia.

“Ons probeer dit so opwindend as moontlik maak, maar dit is die deelnemers wat die wedren maak,” sê Christian Prudhomme, die toerdirekteur.

Volgende jaar se Tour sal talle bergskofte hê.

Die tweede skof strek rondom Nice met drie klimme – Col de la Colmiane, Col de Turini en Col d’Eze – en sal die gunstelinge vroeë geleenthede gee.

In die eerste ses dae sal twee skofte op ’n kruin eindig – iets wat selde al in Tour-geskiedenis gebeur het.

Die toer sal volgende jaar net in Frankyk beslis word, maar nie in die noorde nie. Die roete strek oor al vyf bergreekse in dié land – die Alpe, Pireneë, Vosges, Jura en Massif Central.

Dit kan tot voordeel wees vir die Fransman Julian Alaphilippe.

In die koninginskof sal ryers in Meribel op die kruin van die Col de la Loze – 2 304 meter bo seevlak – eindig ná ’n uitmergelende klim van 21,5 km teen ’n gemiddelde hellingshoek van 7,8%.

Die Tour sal ’n week vroeër begin vanweë die Olimpiese Spele in Tokio.

Die eerste skof is op 27 Junie in Nice. Die 21ste en laaste skof is op 19 Julie en sal omstreeks 19:15 klaarmaak, pleks van 21:15, sodat deelnemers dadelik na Tokio kan vertrek, sê Prudhomme. – Reuters

Meer oor:  Tour De France  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.