Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Tour-kampioen sit fiets onder hamer
Egan Bernal met die geeltrui wat hy in 2019 in die Tour de France verwerf het, tydens ’n verwelkomingseremonie vir hom ná sy sege in sy tuisland. Foto: Getty Images

Egan Bernal, wat in 2019 die Tour de France gewen het, het ’n fiets en verskeie truie beskikbaar gestel om opgeveil te word te midde van die Covid-19-pandemie.

Dié 23-jarige Colombiaanse fietsryer het in ’n videoboodskap op sosiale media gesê dat sy Pinarello-fiets en truie (wat die wittrui wat hy as beste jong ryer in 2019 se Tour verwerf het, insluit) van die items is wat onder die hamer gaan beland.

Die opbrengs sal ten bate van ’n liefdadigheidsprojek vir kinders in sy tuisland wees.

“Ons kom tans voor ’n enorme probleem te staan, nie net hier in Colombia nie, maar ook elders in die wêreld.

“Saam met Fundación Exito (’n Suid-Amerikaanse kleinhandelonderneming) gaan ons ’n groot veiling hou waaraan hopelik baie van julle gaan deelneem,” het Bernal volgens cyclingnews.com gesê.

Ek doen iets van my kant af. Ek hoop jy aanvaar dié uitdaging sodat ons baie geld kan insamel vir behoeftige kinders, wat dit dringend nodig het.
Egan Bernal

“Ek doen iets van my kant af. Ek hoop jy aanvaar dié uitdaging sodat ons baie geld kan insamel vir behoeftige kinders, wat dit dringend nodig het.”

Een van Bernal se spanmaats by Ineos, Michal Kwiatkowski (29) van Pole, het die afgelope week van sy woonstelle in sy tuisland aan gesondheidswerkers beskikbaar gestel, het cyclingweekly.com berig.

Kwiatkowski het in 2014 die wêreldpadfietstitel in Spanje gewen. – Sportredaksie

Meer oor:  Egan Bernal  |  Colombia  |  Veiling  |  Koronavirus  |  Tour De France  |  Covid-19  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.