Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Tour se puntekampioen trap nie verder

Australië se Michael Matthews het hom weens siekte voor die begin van die vyfde skof aan die Tour de France onttrek, sê sy Sunweb-fietsryspan se webwerf.

Matthews het in 2017 die puntekompetisie van dié fietstoer gewen.

Die 27-jarige Matthews het sy eerste Tour de France-skof in 2016 gewen en was verlede jaar ook baas in die Tour se 14de en 16de skofte.

Hy het in 2017 die Tour se groentrui syne gemaak nadat Peter Sagan gediskwalifiseer is en Mark Cavendish hom weens ’n besering (opgedoen in ’n botsing met Sagan) aan die Tour moes onttrek.

Sagan, wat vir die Bora-span ry, het die groentrui in die vorige vyf toere (2012 tot 2016) gewen en het dit gedra met die begin van die vyfde skof na Quimper. – AFP

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.