Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Tour-span ondersoek vir opkikkers
Die Arkea-Samsic-fietsryspan word van opkikkergebruik verdink. Foto: Getty Images

Die Franse fietsryspan Arkea-Samsic sê hy sal optree indien ’n ondersoek na beweerde opkikkergebruik by die Tour de France bewyse lewer dat sy spanlede oortree het.

ABCSport berig die Franse polisie het die span se hotel verlede week gefynkam as deel van ’n ondersoek na die gebruik van verbode middels.

“Dit het met ’n baie klein hoeveelheid fietsryers te doen,” sê Arkea-Samsic se bestuurder, Emmanuel Hubert.

Na wat verneem word, is twee mense deur die polisie in hegtenis geneem.

“Ons hotel is inderdaad verlede week deursoek,” bevestig Hubert.

“Die span, sy bestuurder en personeel word absoluut nie ondervra nie en dus nie op die hoogte gehou van hoe die ondersoek vorder nie. Ek wil beklemtoon die ondersoek is nie direk op die span of sy personeel gerig nie.

“Uiteraard ondersteun ons ons spanlede, maar as die ondersoek bewyse van opkikkergebruik lewer, sal die span hom summier van sulke wanpraktyke distansieer en die nodige stappe doen om afstand van enige onaanvaarbare metodes te doen.”

Arkea-Samsic het as promotorskeuse aan die Tour deelgeneem en is gelei deur die Colombiaanse ster Nairo Quintana.

Dié 30-jarige fietsryer, wat die Tour voorheen op drie geleenthede op die podium voltooi het, het Sondag 17de in vanjaar se fietsren geëindig.

Die Wêreldfietsryunie (UCI) sê hy was in kontak met die polisie in verband met die ondersoek.

“Die UCI verwelkom en ondersteun die stappe wat deur al die betrokke partye gedoen word en sal die gepaste maatreëls implementeer sodra hy deur die Franse owerhede van al die inligting voorsien is,” sê die beheerliggaam in ’n verklaring.

Die Sloween Tadej Pogacar, wat vir die UAE-span ry, is Sondag as Tour de France-kampioen gekroon.

– Sportredaksie

Meer oor:  Arkea-Samsic  |  Tour De France  |  Ntt-Span  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.