Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Trans-Agulhas: G’n keer aan Tjaart-hulle
Tjaart Oosthuizen en David Barnet laat waai in die tweede skof van die Trans-Agulhas-wedvaart tussen Mosselbaai en Stilbaai.Foto: Steve Immelman

Die rubberboot-legendes David Barnet en Tjaart Oosthuizen is goed op koers na ’n ongeëwenaarde 13de sege in die Trans-Agulhas-uitdaagwedvaart.

Dié duo, wat in die gemodifiseerde klas deelneem, het Saterdag ’n tweede skofsege agtereenvolgens in dié uitmergelende wedvaart behaal.

Nadat hulle Vrydag in die openingskof tussen Plettenbergbaai en Mosselbaai hul neus voor gekry het, was hulle in die tweede skof (tussen Mosselbaai en Stilbaai) ook die haastigste.

Hul algehele tyd van vier uur, 19 minute en 19 sekondes is ’n raps vinniger as dié van Dreyer van Niekerk en JD van Niekerk. Dié tweetal, wat in die professionele afdeling meeding, het die eerste twee skofte in ’n algehele tyd van 4:21:29 afgelê.

Marc Gleed en Wiltas Leeuwner (gemodifiseerd, 4:23:01) lê algeheel derde.

Billy Bezuidenhout (links) en Henry Franken (boot nr. 14), asook Reuben Scholtz en Rynhardt Koekemoer (boot nr. 21), wys hul slag in die Koning van Branders-kompetisie. Albei dié spanne ding in die professionele klas mee.Foto: Steve Immelman

Sondag se derde skof word tussen Stilbaai en Struisbaai beslis. Die voorste bote word ongeveer 10:45 in Struisbaai verwag.

Maandag jaag die deelnemers van Struisbaai na Uilenkraalsmond en van daar ’n bykomende, kort skof na Gansbaai.

Die laaste skof, op Nuwejaarsdag, is van Gansbaai na die Strand.

* Die algehele voorlopers in elke klas ná twee skofte is:

Beginners:

Wehan Malan en Thinus Geldenhuys (4:57:34).

Standaard:

Rikus Roux en Kosie Conradie (4:37:22).

Professioneel:

Dreyer van Niekerk en JD van Niekerk (04:21:29).

Gemodifiseerd:

David Barnet en Tjaart Oosthuizen (4:19:19).

Meer oor:  Gansbaai  |  Mosselbaai  |  Stilbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.