Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Tuks skraap deur, Kovsies kry 99-tal
Bianca Blom van die Madibaz wen balbesit teen TUT. Foto: Saspa | Christiaan Kotze

Die Oos-Kaapse Madibaz het Maandag hul skrale kans op ’n plek in die halfeindronde van die Varsitybeker-netbalreeks lewend gehou deur ’n gemaklike oorwinning van 57-22 oor die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) te behaal.

Die Baaienaars het in Pretoria met die rustyd met 29-8 voorgeloop en ná die derde kwart met 42-11. Hulle het hul bonuspunt – vir 50 of meer doele – in die laaste kwart behaal.

TUT het die wedstryd met net nege fikse spelers begin, maar moedig probeer. Lentsamang Motau, die onderkaptein, het ’n kniebesering en Lerato Sedumedi het ’n beseerde linkerarm. Moegheid het die verswakte TUT-span in die derde kwart ingehaal.

Sikoliwe Mdletshe van die Kovsies Maandag in aksie in haar span se Varsitybeker-wedstryd teen die UWK.Foto: Saspa | Christiaan Kotze

TUT se Theoner Mthombeni se ywer op verdediging het aan haar die toekenning as die Speler van die Wedstryd besorg.

Die Kovsies het die hoogste telling tot dusver in die reeks behaal toe hulle die Universiteit van Wes-Kaapland in ’n bitter eensydige wedstryd met 99-18 gelooi het.

Die Bellvilliete het Sondag ook met 22-76 teen die Maties verloor.

Die groot gaping tussen die voorste vyf spanne en die res in die reeks is so duidelik soos daglig.

Dit is nie opbouend om te sien hoe ’n span in een kwart beswaarlik vyf doele kan aanteken nie.

Die Matie-senter Jo Prins soek aansluiting by ’n spanmaat in die wedstryd teen UJ in Pretoria.Foto: Saspa | Catherine Kotze

Die UWK-doele kon Maandag teen die Kovsies net twee doele in die eerste kwart behaal en agt in die tweede kwart. Die kwarttellings was 25-2, 47-10 en 70-15.

Die Maties het ’n suksesvolle naweek in die noorde afgesluit met ’n oorwinning met 65-32 oor die Universiteit van Johannesburg.

Dit was die Johannesburgers se beste poging van die reeks, maar steeds nie naby genoeg om die Maties skrik te maak nie.

Die kwarttellings was 12-7, 28-14 en 42-22.

Die stryd tussen Tuks en die Pukke van die Noordwes-Universiteit was meer mededingend. Met meer akkurate doelskietwerk kon die Potchefstromers dalk vir ’n verrassing sorg, maar op die ou end het Tuks met 46-43 gewen en hul onoorwonne status behou.

Die Pukke het die derde kwart met 12-11 gewen en in die laaste kwart die gaping laat krimp, maar die tuisspan het vasgebyt.

Die Pukke het ’n allemintige 81 doelpogings gehad en hul Maandagaand kon baie anders verloop het.

Hulle het nietemin die tuisspan daarvan weerhou om ’n bonuspunt te kry.

Maandag se hoogtepunt is die stryd in Bloemfontein tussen die Kovsies en die Maties.

Die halfeindronde van die reeks word op 30 September beslis en die eindstryd is op 7 Oktober.

Meer oor:  Netbal  |  Maties  |  Madibaz  |  Kovsies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.