Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Tuks weer eens tops

G oed . . . beter . . . Tuks!

Dit is een manier om die vertoning van Tuks se swemmers by die Suid-Afrikaanse Universiteite-byeenkoms te beskryf.

Tatjana Schoenmaker van die Universiteit van Pretoria se sege in die 200 m-borsslag by die Suid-Afrikaanse Studenteswembyeenkoms was die beste gemeet aan internasionale standaarde. Foto: Reg Caldecott

By die onlangse gala in Port Elizabeth in die Oos-Kaap is die Tuks-span vir die tweede agtereenvolgende jaar as die algehele kampioen gekroon. Verlede jaar het Tukkies die Maties met ’n skrale 6,5 punte geklop. Dié keer is die punteverskil meer as 200.

Tuks se vroue- en manspanne het albei ook hul onderskeie spankompetisies gewen.

Die laaste keer dat Tuks verloor het, was in 2015. Die einste Maties het hulle toe met ses punte geklop. Dit was die eerste keer in agt jaar dat Tuks nie die nasionale studentetitel ingepalm het nie. Weens die studentebetogings het die byeenkoms nie in 2016 plaasgevind nie.

Dit is geen verrassing dat Tatjana Schoenmaker, Suid-Afrikaanse Statebondspele-kampioen in die 100 m- en 200 m-borsslag, se sege in die langer borsslagnommer die beste gemeet aan internasionale standaarde was nie. Haar wentyd is heelwat stadiger as waarmee sy by die Spele gewen het, maar by die Studente-byeenkoms is tye irrelevant.

“Die swemmers ‘bloei’ vir hul universiteit: Alles gaan oor punte. Dit is waarskynlik een van die taaiste galas in Suid-Afrikaanse swem. Die meeste swemmers neem aan ses verskillende items deel, baie keer items waarin hulle selde of ooit in aksie is,” sê Rocco Meiring (Tuks-hoofafrigter).

Benewens haar seges in die drie borsslag-items (200 m-, 100 m en 50 m) het Schoenmaker ook die 200 m- individuele wisselslag gewen en was sy tweede in die 800 m-vryslag asook die 100 m-vryslag.

Nathania van Niekerk (Tuks) is die vroueswemmer wat die meeste punte vir haar span losgeswem het. Sy het al drie rugslagnommers (200 m, 100 m en 50 m) gewen, asook die 200 m- en 400 m-vryslag en was tweede in die 200 m-vlinderslag.

Ross het my al verras met sy vertonings op die Suid-Afrikaanse kortbadbyeenkoms. Dit is asof hy met ál meer selfvertroue swem.

Ross Hartigan (Tuks) was die beste manswemmer. Hy het die 1 500 m-vryslag, 200 m-vlinderslag, 400 m- individuele wisselslag en 400 m-vryslag gewen en was derde in die 200 m-vryslag. Meiring glo Hartigan is ’n swemmer om dop te hou.

“Ross het my al verras met sy vertonings op die Suid-Afrikaanse kortbadbyeenkoms. Dit is asof hy met ál meer selfvertroue swem.”

Jan-Petrus van der Merwe, spankaptein, is die “ou man” van die Tuks-span. Dit was die vierde keer dat hy aan die SA Studente-byeenkoms deelneem. Meiring is beïndruk dat hy op sy eie besluit het om borsslag te swem om ekstra punte vir sy span te verdien.

Meer oor:  Swem  |  Tuks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.