Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Turkse GP afgelas weens beperkings

Die Formule Een Grand Prix wat op 13 Junie in Turkye sou plaasvind, is Vrydag afgelas nadat dié land op die Britse regering se “rooi lys” geplaas is vir reisbeperkings wat gedurende die Covid-19-pandemie geld.

’n Grand Prix op Istanbul Park in Turkye is Formule Een nie vanjaar beskore nie. Foto: Getty Images

Sewe van die F1-spanne is in Brittanje gesetel en almal wat van lande op die rooi lys terugkeer, moet vir tien dae in afsondering wees in ’n hotel wat die regering goedkeur.

Die wedren wat in Istanbul sou plaasvind, is vervang deur ’n tweede een in Oostenryk. Om alles mooi te kan inpas, sal die Franse Grand Prix op 20 Junie plaasvind – ’n week vroeër as wat oorspronklik beplan is. Daarna volg twee wedrenne in Oostenryk se Red Bull Ring op 27 Junie en 4 Julie.

Die kansellasie van die Turkse Grand Prix volg net 16 dae nadat besluit is om een in die land te hou. Dit was veronderstel om die Kanadese Grand Prix te vervang. Dié wedren is geskrap oor die Kanadese regering se bepaling dat almal in die F1-siklus vir twee weke in afsondering moet wees.

“Ons het almal uitgesien na die Turkse wedren, maar die reisbeperkinge sou beteken dat ons nie in Junie daar kan wees nie,” sê Stefano Domenicali, F1 se grootbaas. – TeamTalk

Meer oor:  F1  |  Turkse Grand Prix  |  Formule Een  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.