Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Twee F1-renne in Julie in Oostenryk

Die Formule 1-seisoen sal in Julie in Oostenryk met twee wedrenne en sonder toeskouers begin.

Die Red Bull-renbaan buite Spielberg in Oostenryk sal in Julie die eerste twee wedrenne van 2020 se F1-seisoen aanbied.Foto: Getty Images

Daar is Saterdag aangekondig dat die wedrenne op 5 en 12 Julie sal plaasvind.

Die F1 Grand Prix-reeks was veronderstel om in Maart in Australië te begin, maar verskeie renne, insluitend die jaarlike hoogtepunt in Monaco, het weens die Covid-19-pandemie in die slag gebly.

F1 se besluitnemers sal in die volgende paar dae ’n nuwe, aangepaste kalender aankondig.

Die twee renne in Oostenryk sal op die Red Bull-renbaan naby Spielberg beslis word, waarna Hongarye die volgende gasheer sal wees.

Twee renne sal dan by Silverstone in Engeland gehou word met Hockenheim in Duitsland was as ’n alternatiewe renbaan aangedui word, sou kwarantynmaatreëls steeds ’n probleem wees.

Wedrenne word later vir Spanje, België en Italië beplan en die F1-organiseerders het gesê hulle is hoopvol om tussen 15 en 18 wedrenne in te pas.

Daar was aanvanklik 22 renne in die 2020-kalender.

Oostenryk is een van die eerste lande wat Covid-19-beperkings verslap.

Die tien F1-spanne sal elk net 80 mense by wedrenne hê.

Daar sal steeds meer as 1 000 mense by die renne wees met beamptes, mediese personeel en ander rolspelers wat ook bygereken moet word.

Die organiseerders van die Oostenrykse wedrenne het ’n omvattende “konsep” aan die regering voorgelê waarmee koronavirus-besmetting voorkom sal word, het dié land se departement van gesondheid gesê.

“Streng maatreëls, wat gereelde toetse vir die spanne en hulle werknemers insluit, sal nougeset gevolg word,” het Rudolf Anschober, Oostenryk se minister van gesondheid, verseker. – Reuters

Meer oor:  F1  |  Oostenryk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.