Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SwimRun in haas perfekte toestande

Die tweede Torpedo SwimRun-byeenkoms het Sondagoggend in bykans volmaakte weer tussen Sandybaai en Clifton plaasgevind.

Een van die spanne se volgende swemmer spring in die water om die volgende been van die Torpedo SwimRun aan te durf. Foto: Adrian de Kock

Die byeenkoms is ’n opkomende multisport-formaat wat aanklank vind by driekampers, swemmers, atlete, brandpankryers en ander watersport-geesdriftiges.

Deelnemers neem in spanverband deel en moet kort ente tussen strande swem, dan weer hardloop en ook oor rotse spring. Daar is nie kans om van klere te verwissel nie. Deelnemers swem dus met hul tekkies aan en hardloop in hul lyfpakke.

Die eerste manspan was JP Burger en Michael Lord. Die voorste vroue was Linda Detering en Bianca Tarboton.

Netwerk24 se multimedia-joernalis Adrian de Kock het die deelnemers van ’n rubberboot gevolg.

Die swemmers moes ook hul pad tussen die seebamboes vind. Foto: Adrian de Kock
Meer oor:  Clifton  |  Driekamp  |  Sport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.