Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Twitter-geveg verhoed toe nie Vegas-geveg

Die spulletjie was twee dae vantevore weens ’n bekgeveg op Twitter in die weegskaal, maar Dana White, president van die Ultimate Fighting Championship (UFC), het bevestig Conor McGregor en Dustin Poirier pak mekaar nou wel in die hoofgeveg by UFC 264 in Las Vegas.

Conor McGregor en Dustin Poirier se geveg gaan glo wel voort op 10 Julie. Foto: Getty Images

BBCSport berig die gemengdegevegkunstenaars sal mekaar op 10 Julie in ’n volgepakte T-Mobile-arena voor 20 000 toeskouers die stryd aansê.

McGregor, voormalige kampioen in twee gewigsafdelings, het Maandag gesê die geveg gaan nie meer plaasvind nie.

Die Ier en Poirier het stry gekry op Twitter oor ’n skenking van $500 000 aan die Amerikaner se liefdadigheidsorganisasie.

Poirier het McGregor daarvan beskuldig dat hy nie sy woord gestand gedoen het om ’n skenking te maak nie, waarna McGregor gesê het hy het gewag vir inligting oor hoe die donasie aangewend sou word. Hy’t toe gesê hy sal op 10 Julie teen iemand anders in die kryt klim.

Poirier het by die twee se herontmoeting by UFC 257 in Januarie die eerste persoon geword om McGregor uit te slaan. McGregor het destyds in 2014 vir Poirier in ’n veergewiggeveg uitgeslaan.

White is in sy noppies dat die byeenkoms op 10 Julie kan voortgaan.

“Ek is werklik in my skik dat Las Vegas weer eens oop is vir sake,” sê hy.

“UFC 264 het toestemming om voor ’n gehoor van 100% kapasiteit aangebied te word.” – Sportredaksie

Meer oor:  Ufc  |  Conor Mcgregor  |  Dana White  |  Mma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.