Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Tyson Fury boks weer in Desember

Tyson Fury het bevestig dat sy volgende geveg op 5 Desember in Londen sal plaasvind, maar kon nog nie sê teen wie hy in die bokskryt gaan klim nie.

Tyson Fury gaan glo voor die einde van die jaar weer boks. Foto: Getty Images

Fury (32) was in Februarie laas in aksie toe hy Deontay Wilder in Las Vegas in die sewende ronde met ’n tegniese uitklophou verslaan het en die nuwe swaargewigkampioen van die Wêreldboksraad geword.

“Ek wil net aankondig dat ek beslis op 5 Desember in Londen gaan veg,” het Fury in ’n video op Twitter gesê.

“Die teenstander se naam sal binnekort aangekondig word. Ek kyk net na ’n klompie kandidate en sal julle dan laat weet.”

Fury het vroeër hierdie maand gesê hy stel nie meer in ’n herontmoeting met Wilder belang nie.

Hy mik nou eerder na ’n kragmeting teen Anthony Joshua, wat die Internasionale Boksfederasie, Internasionale Boksorganisasie, Wêreldboksvereniging en Wêreldboksorganisasie se kampioen is.

Joshua verdedig sy titels op 12 Desember in Londen teen Kubrat Pulev van Bulgarye.

Die promotor Eddie Hearn het in Junie gesê Fury en Joshua het reeds ’n finansiële ooreenkoms bereik vir twee gevegte. – Reuters

Meer oor:  Boks  |  Tyson Fury  |  Londen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.