Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Tyson soek publisiteit vir geveg teen Tom

Die Britse swaargewigbokser Tyson Fury doen alles in sy vermoë om belangstelling vir sy geveg Saterdag teen die Duitser Tom Schwarz te kry.

Tyson Fury is reg om weer vir ’n skouspel te sorg wanneer hy Saterdag in Las Vegas teen Tom Schwarz boks. Foto: Getty Images

Só vertel Fury, kamstig per ongeluk, dat die Wêreldboksorganisasie (WBO) se titel dalk in sy geveg in die MGM Grand-hotel in Las Vegas op die spel kan wees.

Volgens hom is daar ’n kans dat Andy Ruiz van die WBO-titel gestroop kan word indien hy voortgaan om weer teen Anthony Joshua te veg.

Ruiz het Joshua onlangs in New York verslaan en sy titels van die WBO, Wêreldboksvereniging, Internasionale Boksfederasie en Internasionale Boksorganisasie af te neem.

Fury beweer die WBO wil hê Ruiz moet hul titel eers teen hul nommereen-aanspraakmaker verdedig.

Dillian Whyte is die eerste aanspraakmaker op die WBO se titel, Schwarz die tweede en Fury die derde.

Die Duitse swaargewig Tom Schwarz is nog onoorwonne na 24 gevegte in die beroepskryt. Foto: Getty Images

“Dis inligting uit die binnekringe, so miskien moes ek dit nie bekend gemaak het nie,” het Fury volgens Boxing News Online aan Press Assocoation Sport gesê.

Die WBO het nog nie op Fury se uitlatings reageer nie.

Schwarz is dalk die WBO se tweede aanspraakmaker op hul titel, maar daar is min bokskritici buite Duitsland wat hulle regtig aan die man steur.

Hy het nog nie met ’n ware swaargewig afgereken nie en daar word verwag dat hy nie lank teen Fury staande gaan bly nie.

Maar soos Fury te kere gaan, boks hy omtrent weer teen Deontay Wilder, die Wêreldboksraad se kampioen, teen wie hy in Desember 2018 gelykop geveg het.

“Hopelik tref hy (Schwarz) my ’n paar keer op die ken. Ek hoop ek moet drie of vier keer van die krytvloer af opstaan om te wen,” het Fury aan The Guardian gesê.

“Ek hoop dis die moeilikste geveg van my loopbaan, want dis waarvoor ek voorberei.”

Fury het ook gesê hy weet dat hy nooit weer ’n geveg sal kry indien hy teen Schwarz verloor nie.

Meer oor:  Tom Schwarz  |  Boks  |  Tyson Fury
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.