Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Uber het Lance se beursie laat bult

’n Belegging in die taxidiens Uber het Lance Armstrong, die fietsryer wat van sy sewe Tour de France-titels gestroop is, en sy familie finansieel gered.

Lance Armstrong tydens die Tour de France in 2010. Foto: Getty Images

Die 47-jarige Amerikaner het Donderdag in ’n onderhoud gesê dat hy $100 000 in 2009 aan ’n beleggingsmaatskappy gegee het.

“Dit het ons gered,” sê Armstrong in die onderhoud. Hy was glo destyds nie bewus dat hy in Uber, wie se waarde toe $3,7 miljoen was, belê het nie.

Toe Armstrong, wat die Tour tussen 1999 en 2005 gewen het, se knoeiery destyds op die lappe kom, het dit hom miljoene dollars aan regsaksie uit die sak gejaag.

Uber se waarde word nou op sowat $120 miljard geskat. Armstrong, wat in 2013 erken het dat hy verbode middels gebruik het, wou nie sê hoeveel sy belegging tans werd is nie, maar het wel gesê, “dit is te goed om waar te wees”.

Die onderhoudvoerder het aan hom gevra of hy “10, 20, 30, 40 of $50 miljoen” gemaak het, waarna hy geantwoord het: “Dit is een van daardie syfers. Dit is baie.” – Reuters

Meer oor:  Uber  |  Tour De France  |  Fietsry  |  Lance Armstrong
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.