Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Uitbranding laat fietsryer (21) ophou

Op die jeugdige ouderdom van 21 het die Franse fietsryer Théo Nonnez weens uitbranding besluit dat sy dae as beroepsryer iets van die verlede is.

Nonnez het vir Groupama-FDJ se kontinentale span gery. Sy loopbaan het Maandag tot ’n einde gekom.

Hy het sy besluit in ’n plasing op Groupama-FDJ se webblad verduidelik.

“Ek het die besluit geneem ná ’n lang tydperk van oordenking. Ek dink ’n mens kan daarna verwys as uitbranding, hoewel dit ’n sameloop van dinge is wat my by die punt gebring het,” sê Nonnez.

“Ek is nie hartseer oor my besluit nie. Inteendeel, dit gee my weer hoop.

"Ek was vasgevang in ’n kringloop waar ek nie kon waag om te sê hoe ek voel nie.”

Nonnez sê hy het gedurende ’n oefenrit kort voor Kersfees in trane uitgebars, wat hom laat besef het dat sy hart en siel nie meer in fietsry is nie.

“Ek het stadigaan, bietjie vir bietjie, besef dat vele dinge my nie meer gelukkig maak nie,” sê hy.

“Ek kan nie eens onthou wanneer laas ’n oefensessie my gelukkig gemaak het nie. Fietsry het ’n beperking geword.” – Sportredaksie

Meer oor:  Fietsry  |  Uitbranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.