Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Usyk verras met geveg teen oud-skopbokser
Oleksandr Usyk is vasbeslote om ook ’n impak as swaargewigbokser te maak. Foto: Getty Images

Oleksandr Usyk, die voormalige onbetwiste junior swaargewig-bokskampioen van die wêreld, het verras met sy keuse van teenstander vir sy debuut as ’n swaargewig.

Die 32-jarige Usyk sal op 12 Oktober in die Wintrust-arena in Chicago teen Tyrone Sprong van Nederland te staan kom.

Sprong het in Maart 2015 begin boks ná ’n baie suksesvolle loopbaan as ’n skopbokser.

Hy is nog onoorwonne ná 14 gevegte en spog met 13 uitklophoue.

Usyk sou aanvanklik verlede November die eerste keer as swaargewig teen Carlos Takam deur die toue geklim het, maar moes hom weens ’n besering aan dié geveg onttrek.

Die gewilde vegter van die Oekraïne het intussen van sy boarm-besering herstel, maar Takam was nie nou weer as teenstander beskikbaar nie.

Takam boks op 14 September teen Craig Lewis. Dis jammer hy boks nie eerder teen Usyk nie, want hoewel hy ’n veteraan is, sou hy moontlik beter teenstand as Sprong gebied het.

Sprong was wel ’n kampioen as skopbokser, maar in die bokskryt het hy nog nie teen enige top-boksers baklei nie.

Usyk was in November verlede jaar laas in aksie toe hy Tony Bellew van Brittanje met ’n tegniese uitklophou in die agtste ronde verslaan het

Meer oor:  Oekraïne  |  Chicago  |  Boks  |  Swaargewig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.