Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
UV bly voorloper; rekord vir Tuks

Die Kovsies is steeds die voorlopers in die Varsity-netbalreeks nadat hulle die Maties Maandag met 59-56 in Stellenbosch geklop het.

Venetia Grobler was vir 85 doele verantwoordelik in Tukkies se groot sege met 110-28 oor die VUT.

Vyf spanne het ’n kans om in die laaste ronde van wedstryde op 24 September die halfeindstryd te haal. Veral die wedstryde tussen die Kovsies en die Pukke, asook die Maties teen die Madibaz, kan as “kwarteindstryde” beskou word.

Dit was 13 elk ná die eerste kwart in die hoofwedstryd Maandag waarin die Maties in ’n stadium met vier doele voorgeloop het. Die Kovsies het rustyd met 27-22 voorgeloop.

Die tweemalige kampioen het in die derde kwart ’n slag met 14 doele voorgeloop en die laaste kwart op 46-37 begin. Maties het mooi teruggeveg en so hittete hul agterstand uitgewis.

* Die Madibaz het hul goeie naweek waarin hulle die Kovsies met een punt verras het, voortgesit deur die Noordwes-Universiteit ook naelskraap met 49-47 te klop.

Dit was die Pukke, wat onoorwonne in Stellenbosch aangekom het, se tweede agtereenvolgende nederlaag nadat hulle Sondag teen die Maties hul eerste nederlaag in die kompetisie gely het.

Die Pukke het met rustyd (24-23) en met die aanbreek van die laaste kwart (34-32) nog voorgeloop. Die kragspel waarin doele dubbel tel, het die Madibaz toe die oorhand gegee om die voortou te neem en voor te bly.

* ’n Klompie rekords het in die slag gebly in die Tukkies se groot sege van 110-28 oor die Vaal-Universiteit van Tegnologie.

Die meeste doele nog deur ’n span het meegebring dat dit ook die grootste sege nog was. Die gesamentlike 138 is ook die meeste nog.

Venetia Grobler (92,4%) was vir 85 doele verantwoordelik.

Die wenspan het rustyd reeds met 55-17 voorgeloop.

* Puntestand: Kovsies 26, Maties 24, Madibaz 22, Tukkies 21, Pukke 21, UWK 11, UJ 2, VUT 0.

– Sportredaksie

Meer oor:  Netbal  |  Varsity-Netbalreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.