Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Van der Breggen ry dubbel goud los

Die Nederlandse fietsryer Anna van der Breggen het haar by uitgelese geselskap aangesluit toe sy Saterdag die padwedren by die Wêreldpadfietskampioenskappe gewen het.

Van der Breggen (30) het die roete oor 143 km by Imola, Italië, in 4 uur, 9 minute en 57 sekondes voltooi. Die sege volg kort op die hakke van die goue medalje wat sy Donderdag in die tydtoets gewen het.

Anna van der Breggen van Nederland ry oor die eindstreep om die padwedren by die Wêreldpadfietskampioenskappe te wen. Foto: Reuters

Sy is slegs die tweede ryer, naas Jeannie Longo van Frankryk in 1995, wat albei die titels in een jaar kon verower.

Van der Breggen, die huidige die Olimpiese kampioen, het verlede week ook die Giro Rosa gewen. Dit nadat sy in 2018 ook die padwedren by die Wêreldkampioenskappe gewen het.

Nog ’n Nederlander, Annemiek van Vleuten, wat 2019 se wêreldkampioen was, was tweede (+1 minuut, 20 sekondes) gevolg deur die Italianer Elisa Longo Borghini.

Van Vleuten verdien lof dat sy deelgeneem het. Sy het tydens die Giro Rosa geval en haar polsgewrig gebreek. Sy is verlede naweek geopereer.

Suid-Afrika se Ashleigh Moolman-Pasio, wat in ’n stadium geval het, het 56ste klaargemaak, terwyl Kerry Jonker nie die wedren voltooi het nie.

• Die manswedren, oor 258,2 km wat Sondag beslis word, beloof om vuurwerke op te lewer. België se Wout Van Aert en twee Sloweense ryers, Tadej Pogacar en Primož Roglic, word as van die gunstelinge beskou.

Pogacar het ’n week gelede die Tour de France gewen, met sy landgenoot Roglic wat tweede was.

Louis Meintjes en Nicholas Dlamini sal vir Suid-Afrika aantree.

• Sondag op SS Variety 1 om 09:45. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.