Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Van der Merwe ’n held in Bahrein
Vlammehel in Bahrein toe Romain Grosjean se F1-motor aan die brand geslaan het. Foto: AP

Die oud-Suid-Afrikaanse renjaer Alan van der Merwe was Sondag in Bahrein een van die onbesonge helde toe die Franse renjaer Romain Grosjean uit ’n vlammehel in die Formule Een-Grand Prix ontsnap het.

Grosjean (Haas) word ná sy ernstige ongeluk in ’n hospitaal behandel vir graadtwee-brandwonde aan sy voete en moontlik ook gebreekte ribbes.

Hy het kort ná die wegspring in die derde draai van die baan gejaag en teen ’n veiligheidsreling gebots.

Die motor het in twee geskeur en hy was in die voorste deel, wat oombliklik in vlamme uitgebars het.

Van der Merwe, wat agter die stuur van die mediese motor agter die jaers was, was binne sekondes op die toneel en hy en die mediese span kon Grosjean onmiddellik te hulp snel en die brand probeer blus.

Van der Merwe het instinktief uit die motor gespring en Grosjean, ondanks die feit dat sy oorpak nie van dieselfde gehalte (brandbestand) as dié van die jaers is nie, te hulp gesnel.

Romain Grosjean word deur mediese beamptes in ’n ambulans gehelp nadat hy wonderbaarlik uit sy brandende motor ontsnap het.Foto: Getty Images

Die Haas-renspan het in ’n twiet hul dank teenoor Van der Merwe uitgespreek.

“Dankie aan die mediesespanmotor-bestuurder, Alan van der Merwe, die baan se mediese beamptes en die baanbeamptes vir hul flinke optrede om só gou by Romain uit te kom,” het die Haas-renspan gewiet.

“Dit was ’n groot verrassing vir ons almal, ons het in 12 jaar nog nie so ’n brand beleef nie. Ek is seker dat was net ’n sekonde of so, maar dit het soos ’n leeftyd gevoel. Romain het self uit die wrak geklim en dit was ongelooflik ná só ’n ongeluk. Dit was ’n verligting om te sien dat hy oukei was,” het Van der Merwe aan die BBC gesê.

Lewis Hamilton (Mercedes), wat die ren gewen het, sê dit was skokkend om die beelde en kykweers van die ongeluk tydens die lang onderbreking dop te hou.

Alan van der Merwe (links) het gehelp om Romain Grosjean uit sy brandende motor te red. Foto: Getty Images

“Dit kon soveel erger gewees het en dit wys net watter goeie werk die FIA (die sport se beheerliggaam) doen.”

“Wat vandag gebeur het, is ’n tegnologiese wonderwerk,” het Antonio Giovinazzi, een van Grosjean se mede-jaers, getwiet. – BBCsport

Meer oor:  F1  |  Bahreinse Grand Prix  |  Romain Grosjean  |  Alan Van Der Merwe  |  Formule Een  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.