Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Varsity-afrigters staan bont oor kleur-reël

Varsitybeker-netbal is in ’n transformasie-kookpot nadat ’n reël ingestel is wat vier spelers van kleur in ’n groep van 12 vereis – met ’n vereiste dat minstens drie te alle tye op die baan moet wees.

Die derde skeidsregter by wedstryde sal die toepassing van dié reël “blaas”.

Jenny van Dyk, die Tuks-afrigter. Foto: Varsity Sports

In netbalkringe word gesê dat die nuwe reël afrigters aan bande lê en groot druk op hulle plaas om balanseertoertjies te doen.

Die beginsel van krag teen krag verval en breiers kan ook nie meer hul sterkste spanne in die veld stoot nie, word gesê.

Omdat spelers posisie-spesialiste is, bemoeilik dit afrigter se spankeuses.

Daar is nie noodwendig twee spelers van dieselfde gehalte in een posisie nie.

Daar is positiewes, maar die nuwe reëls is nie “in verhouding” aangepas nie, word gesê.

Die derde skeidsregter vir ’n wedstryd is die “transformasie-waghond”, wat veranderinge aan spanne met ’n arendsoog moet dophou en notas maak.

’n Afrigter moet egter kophou en haar kreatiwiteit word aan bande gelê, is van die reaksies.

Almal werk saam. Ons het dit verander, want verlede jaar se reëls is misbruik.
Jana Arlow, Varsitybeker-netbalbestuurder.

Volgens verlede jaar se reëls moes daar drie spelers van kleur in die groep wees en twee in die beginspan.

Die “transformasiesprong” van 2017 na 2018 is egter te groot, sê die afrigters.

Die voorstel van drie spelers van kleur ten alle tye op die baan is verlede jaar by die Ussa-vergadering voorgestel. Die teenvoorstel was dat dit net twee moet wees. Dit is egter nie aanvaar nie.

Jana Arlow, Varsitybeker-netbalbestuurder, sê almal is 100% verbind tot die nuwe reëls en sy het nog geen klagtes ontvang nie.

“Almal werk saam. Ons het dit verander, want verlede jaar se reëls is misbruik. ’n Speler het die wedstryd begin, maar is ná twee minute afgehaal. Sy het dus nie genoeg wedstrydtyd gekry nie,” sê Arlow.

Jenny van Dyk, Tuks se afrigter, sien die positiewe en sê dit dwing ’n breier om die diepte in haar groep te ontwikkel.

Maar sy gee toe dat die nuwe reëls gevestigde kombinasies in die span ontwrig.

’n Span kan ’n boete opgelê word as hy nie die reëls nakom nie.

Program

Sondag: 13:00: Tuks t. UJ; 14:30: Madibaz t. Kovsies; 16:00: UWK t. VUT; 17:30: Maties t. NWU.

Maandag: 14:30: NWU t. Madibaz; 16:00: Tuks t. VUT; 17:30: UWK t. UJ; 19:00: Maties t. Kovsies.

Die kwotareëls gaan nie verander nie, dus het afrigters ’n uitdagende taak as hulle spelers werf.

Hulle word dus gedwing om nét spelers van kleur te werf.

Netbal Suid-Afrika se “algemene transformasiereël” bepaal dat minstens twee van die sewe spelers op die baan van kleur moet wees.

Norma Plummer, die SA afrigter, kry ’n vergunning wat kwotas betref.

TV

Sondag: 16:00: UWK t. VUT; 17:30: NWU (SS 11).

Sy is egter in die gelukkige posisie dat Bongiwe Msomi (aanvallende vleuel) en Phumza Maweni (verdediger) hulself in die beginspan kies.

* Intussen wag daar volop aksie in vandag en môre se wedstryde in Stellenbosch, waar al agt spanne in aksie is.

Die spanne is egter sonder hul Proteas-spelers.

Die nasionale span het eergister na Australasië vertrek vir toetse in ’n vierhoekige reeks teen Nieu-Seeland, Australië en Engeland.

Die Kovsies en die Noordwes-Universiteit is die onoorwonne spanne ná vier wedstryde.

Meer oor:  Netbal  |  Transformasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.