Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Vasily se vuiste kan Brit harpuis laat ruik
Anthony Crolla (naasregs) se gesig kan ná sy geveg teen die briljante Vasily Lomachenko (naaslinks) heelwat anders lyk. Foto: Getty Images

Een van die boksers met die vinnigste vuiste in die wêreld, Vasily Lomachenko, behoort Vrydagaand nog ’n teenstander uit sy pad te vee.

Dié briljante vegter van die Oekraïne verdedig sy liggewigtitel van die Wêreldboksvereniging (WBV) en Wêreldboksorganisasie (WBO) teen Anthony Crolla van Brittanje in die Staples-sentrum in Los Angeles.

“Ek moet teen hom (Crolla) baklei om my titel (WBV) te behou en by my volgende doelwit uit te kom,” het Lomachenko aan The Los Angeles Times gesê.

Crolla is die eerste aanspraakmaker op Lomachenko se WBV-titel.

Lomachenko soek eintlik ’n groter uitdaging. Hy wil graag teen Mikey Garcia veg.

Garcia het egter ’n tyd gelede twee gewigsafdelings opgeskuif om teen Errol Spence te veg – en te verloor.

“As Mikey weer afskuif in gewig, is hy ’n logiese teenstander vir my,” sê Lomachenko.

“Ek het twee Olimpiese goue medaljes. Ek hou daarvan om my naam in die geskiedenisboeke te kry.”

Daar is glo ook sprake van ’n geveg teen die Internasionale Boksfederasie se kampioen, Richard Commey van Ghana, of een teen die gemengde gevegskuns-vegter Conor McGregor.

Lomachenko behoort altwee met minagting uit die pad te vee. Nes hy Crolla Vrydagaand behoort te karnuffel

Meer oor:  Oekraïne  |  Las Vegas  |  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.