Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Brad Binder verleng kontrak met KTM

Die Suid-Afrikaanse MotoGP-ster Brad Binder het sy kontrak met KTM tot aan die einde van 2024 verleng.

Brad Binder sal minstens vir die volgende drie seisoene nog vir die KTM-span meeding. Foto: Getty Images

Die KTM-span het die nuus Dinsdag op Twitter bevestig.

Binder (25), wat sedert sy dae in Moto3 vir KTM meeding, het verlede jaar in sy eerste seisoen in MotoGP sy eerste oorwinning op die topvlak by die Tsjeggiese Grand Prix behaal.

“Ek is verheug om my kontrak met drie seisoene saam met KTM te verleng en dit sal ons vennootskap na 10 jaar strek,” sê Binder.

“Dit is wonderlik om daardie geloof en ondersteuning van die maatskappy te geniet. Dit is ’n eer.

“Van hier af kan ons daarop fokus om onsself op te bou na die kruin.

“Ons is nie baie ver weg nie en dit sal wonderlik wees om saam iets noemenswaardig te bereik. Dit is opwindend om te sien wat die volgende klompie jare inhou.”

Binder beklee die algehele agtste plek op die punteleer ná ses rondes van vanjaar se MotoGP-veldtog.

– Sportredaksie

Meer oor:  Ktm  |  Motogp  |  Brad Binder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.