Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Vermeulen, Kirsten wen Europese titel

Die Exeter Chiefs is gisteraand as rugby se Europese kampioenspan gekroon nadat hulle Racing92 met 31-27 in ’n rillerstryd in die Ashton Gate-stadion in Bristol geklop het.

Dit was vir twee Suid-Afrikaanse losvoorspelers – Jacques Vermeulen en Jannes Kirsten – ’n groot dag. Vermeulen het die Chiefs se nr. 7-trui gedra, terwyl Kirsten op die plaasvervangersbank was.

Die Chiefs was met rustyd met 21-12 voor, maar moes desperaat vasklou aan die voorsprong in die laaste tien minute nadat die vaskopstut, Tomas Francis, koelkas toe gestuur is.

In die eindstryd van die Europese Uitdaagreeks Vrydagaand het die Bristol Bears vir Toulon met 32-19 geklop.

Harry Randall, Bristol se skrumskakel, het in die proses die vinnigste drie tot nog toe in ’n Europese eindstryd afgerond – ná net 15 sekondes. Hul losskakel, Callum Sheedy, se skopstewel was die beslissende faktor. Hy het met ses strafdoele en twee doelskoppe 22 punte aangeteken. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.