Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Verstappen kan vir ‘lank’ pas aangee

Max Verstappen kan in Lewis Hamilton se voetspore volg deur Formule Een vir ’n lang tydperk te oorheers.

Dit is die mening van Daniel Ricciardo, ’n oud-spanmaat van Verstappen.

Max Verstappen het by Red Bull ’n motor wat hom in staat stel om die wêreldkampoen, Lewis Hamilton, te druk. Foto: Getty Images

Verstappen is net 23 jaar oud en reeds geposisioneer as ’n toekomstige F1-ster.

Red Bull het hom dié seisoen die eerste keer ook ’n motor gegee wat hom in staat stel om vir die wêreldkampioenskap mee te ding.

Hamilton is op 36-jarige ouderdom verder af in die pad in sy loopbaan, maar is die gunsteling om vanjaar ’n ongeëwenaarde agtste wêreldkampioenskapstitel te wen.

“Dis waarskynlik dieselfde met Max as met Lewis, dat hy tot diep in sy dertigerjare kan uitblink,” het Ricciardo aan RacingNews365 gesê.

Ek dink Max sal só lank as wat hy wil, bo wees.
Daniel Ricciardo

Nietemin glo Ricciardo dat Verstappen ook intense wedywering te wagte kan wees, insluitend van renjaers soos hyself.

“Ek dink Max sal só lank as wat hy wil, bo wees. Ek het al met die volgende generasie gewerk. Daar’s Max en ek dink ook Charles (Leclerc),” sê Ricciardo.

“Ons sal sien hoe Lando (Norris) vanjaar vaar, maar hy het reeds gewys dat hy in staat is om die hoogste sport te bereik. Ek verwag ook dat George (Russell) onder die voorste renjaers sal wees wanneer hy ’n motor kry wat goed genoeg is.

“Dan is daar ouens soos ek en (Carlos) Sainz – die ‘middeljariges’ wat al etlike jare daar is.”

Max Verstappen (links) en Daniel Ricciardo knoop verlede jaar in Abu Dhabi ’n geselsie aan. Foto: Getty Images

Ricciardo wys daarop dat, soos in baie ander sportsoorte, die deelnemers al hoe jonger raak.

“Ek dink dis omdat hulle ervare mense het om van te leer. Dit stel hulle in staat om vinniger touwys te raak,” sê hy.

Ricciardo het in 2021 na McLaren geskuif met die ambisie om ’n eerste keer om die wêreldkampioenskap mee te ding wanneer daar in 2022 met “nuwe generasie motors” gejaag word.

Solank as wat hy steeds die innerlike motivering het om soveel as moontlik uit sy motor te haal, meen die 31-jarige Ricciardo dat dit in hom sit om met die opkomende renjaers mee te ding.

“Dis ’n bietjie soos wat Lewis doen. Dis vir my om te besluit hoe lank ek nog gaan jaag. Een ding is seker en dit is dat ek nie net om die baan wil ry nie. Ek wil mededingend wees,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.