Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Vettel sal Schumi onder sy vlerk neem

Wanneer Michael Schumacher se seun in 2021 sy debuut in Formule Een maak, sal die Duitser Sebastian Vettel byderhand wees om die jongeling van raad te voorsien – met Vettel wat as kind ’n groot bewondering vir Schumacher sr. gehad het.

Sebastian Vettel sal Mick Schumacher in 2021 onder sy vlerk neem. Foto: Getty Images

Die 21-jarige Mick Schumacher sal in 2021 vir die Haas-span ry en sodoende verseker dat daar die eerste keer sedert 2012, toe sy pa uit die sport getree het, weer ’n Schumacher aan F1 deelneem.

“Uit die aard van die saak het ek ’n baie noue verbintenis met sy pa,” het Vettel aan verslaggewers gesê.

“Dit is ’n jammerte dat Michael nie Mick se vordering die afgelope paar jaar kon volg en waar hy nou sy toetrede tot F1 gaan maak nie.

“Wat my betref, ek hou regtig van hom (Mick), ons kom goed oor die weg en ek is bereid om alles met hom te deel wat ek weet.”

Wat my betref, ek hou regtig van hom (Mick), ons kom goed oor die weg en ek is bereid om alles met hom te deel wat ek weet.
Sebastian Vettel

Toe Vettel ’n jongeling was, het hy Schumacher sr. bewonder – iemand wat sewe wêreldtitels verower het en met 91 oorwinnings gespog het, voordat die Brit Lewis Hamilton vanjaar die rekordboeke vir oorwinnings na 95 herskryf en sy sewe wêreldkrone geëwenaar het.

Later het die twee, Vettel en Schumacher sr., vriende geword in die tyd toe die jonger Duitser homself gevestig het in F1.

Sedert Mick se pa ernstige kopbeserings in ’n ski-ongeluk in 2013 opgedoen het, is hy nog nie in die openbaar gesien nie.

Vettel, ’n viermalige wêreldkampioen, sê dat Schumacher sr. destyds altyd byderhand was om hom van raad te bedien. Hy is uitgevra oor opmerkings waarin die jong Schumacher gesê het dat Vettel (33) vir hom ’n rolmodel is.

“Ek voel gevlei. Ek het gesien hoe sy pa meer wedrenne gewen het as wat hy (Schumacher jr.) my kon gesien wen het. Ek dink dit is baie belangrik vir hom om sy eie mens te wees en sy eie pad te volg,” sê Vettel.

“Net soos wat dit destyds baie gehelp het wanneer Michael advies aangebied het wanneer ek om hulp gevra het, net so probeer ek om dieselfde vir hom (Schumacher jr.) te doen.”

• Vettel-hulle is Sondag in die Sakhir-Grand Prix in Bahrein in aksie. Lewis Hamilton, wat reeds as wêreldkampioen gekroon is, sal nie in aksie wees nie nadat hy vroeër dié week positief getoets is vir die koronavirus. – Reuters, Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.