Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Sebastian Vettel waai dalk vroeg by Ferrari
Sebastian Vettel (regs) se Scuderia Ferrari SF1000 tol in die rondte in die eerste rondte van die Herdenkingswedren op Silverstone. Foto: Getty Images

Die Duitse renjaer Sebastian Vettel se toekoms by Ferrari is onseker en daar is al hoe meer twyfel of hy dié seisoen by dié Formule Een-span sal klaarmaak.

Vettel en Ferrari se paaie skei aan die einde van die seisoen, maar hul laaste jaar saam is reeds ’n ellendige een.

Die Duitser kon tot dusver net tien punte verdien en hy is kwaai gekritiseer vir sy span se renstrategie by die afgelope Sondag se 70ste Herdenkingswedren.

Hy is gedwing om vroeër by die kuipe te stop toe hy sake probeer omkeer het nadat sy motor in die eerste rondte getol het.

Hy kon nie punte verdien in dié ren op Silverstone nie.

Vettel het tydens die ren aan sy span gesê hulle het “drooggemaak” en ná die ren in Ferrari se garage gevra of die vroeë kuipestop was sodat sy spanmaat, Charles Leclerc, hom nie hoef verby te steek nie.

Die gewese renjaer en deesdae kommentator Jolyon Palmer meen die “toksiese” verhouding tussen Vettel en Ferrari kan daartoe lei dat hy die span vroeër verlaat.

“Ek weet nie of hy die seisoen gaan klaarmaak nie,” het Palmer aan ’n podsending van BBC Five Live gesê.

“Die verhouding versuur elke dag, nie eens met elke ren nie. Hy vaar baie sleg vergeleke met Leclerc, wat die goue seun by Ferrari is.

Sebastian Vettel is nie ’n gelukkige man nie. Foto: Getty Images

Dié 22-jarige jaer van Monaco het op Silverstone vierde geëindig ná Max Verstappen, Lewis Hamilton en Valtteri Bottas.

“Leclerc is in sy tweede jaar by die span en het reeds in sy eerste jaar vir Vettel ore aangesit. Hy het ’n winsgewende kontrak en word gesien as die toekoms van die span,” het Palmer gesê.

“Vettel, daarenteen, gaan die span verlaat en sukkel om enige punte te verdien.

“In vier renne het hy nie naby daaraan gekom om punte te verdien nie. Net in Hongarye het hy enige kans gestaan om ’n punt in te samel en selfs toe het hy twee keer van die baan afgejaag.

“Vettel glo iets skort met sy motor. Dit was duidelik uit sy opruiende onderhoud ná die ren. Dinge raak lelik tussen hom en Ferrari.”

Marc Priestley, ’n voormalige F1-werktuigkundige, meen die situasie tussen Vettel en Ferrari kan die oortjies van die seekoei wees en is simbolies van ’n dieperliggende kwessie binne die span en sy werkomgewing.

“Dit is nie ’n nuwe ding dat verhoudinge by Ferrari in duie stort nie,” het Priestley gesê.

“Mense praat al lank oor die slegte omgewing by Ferrari. Dinge strek dieper as net die huidige situasie tussen die span en Vettel.”

• Leclerc het tot dusver 45 punte verdien en Vettel net tien.

Die Spaanse Grand Prix word Sondag in Barcelona beslis. – TeamTalk

Meer oor:  Sebastian Vettel  |  Formule Een  |  Ferrari  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.