Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Vibrator 1ste prys in vrouetoernooi

’n Debat oor seksisme in sport is aan die woed nadat ’n muurbaltoernooi in Spanje die vrouewenners met ’n vibrator, waks en ’n toestel om eelte op die voete te verwyder, beloon het.

’n Foto van die pryse is aanlyn gedeel deur ’n plaaslike radioprogram Ganamos Con Ellas (Ons wen met vroue) met die onderskrif wat hulle as “vernederend, skokkend skadelik, ondenkbaar, maar tragies werklik” beskryf.

Die BBC berig die voorste vrouespelers in die Asturias-kampioenskap het die plaaslike muurbalfederasie skriftelik van hul misnoeë ingelig. Dit het daartoe gelei dat verskeie beamptes by Squash Oviedo, die klub wat die toernooi georganiseer het, bedank het.

“Dinge moet verander,” sê Elisabet Sadó, die wenner, nadat sy ’n trofee en ’n vibrator vir haar sege in die kompetisie ontvang het.

Die vroue in die tweede, derde en vierde plek het elk ’n elektriese vyl vir hul voete of waks vir die verwydering van liggaamshare, ontvang.

“Ons was baie verbaas, baie geskok. Ons glo dit is uiters seksisties,” sê Sadó.

“Ons wou mense daaroor inlig want ons glo daar is baie diskriminasie (teen vroue in sport) en dinge moet verander.”

Die vroue het die pryse saam met ’n geskrewe klagte na die plaaslike muurbalfederasie gestuur. Die federasie staan hulle by om stappe te neem.

“Ek dink hulle wou waarskynlik net snaaks of anders wees,” sê Sadó oor Squash Oviedo se keuse van pryse.

Sy sê sy is in haar noppies dat die voorval mense regoor Spanje aan die praat gekry het oor seksisme in sport.

“Ek dink die belangrikste ding is dat daar ’n openbare gesprek oor wetgewing en groter beskerming in Spanje gevoer word sodat vroue gemaklik aan sport kan meeding.”

Maribel Toyos (links), ’n verteenwoordiger van die plaaslike muurbalfederasie, en Elisabet Sadó het die pryse gekritiseer. Foto: Verskaf

Newsweek berig die klub het sedertdien om verskoning gevra.

“Ons verstaan die reaksie en het diep berou vir hierdie onaanvaarbare voorval,” sê Squash Oviedo in ’n verklaring wat deur sy presidente, Nacho Manzano en Barbara Fernandez, onderteken is.

“Die klub vra verskoning aan spelers, die federasie en diegene wat deur die onvanpaste pryse beledig is.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Vibrator  |  Seksisme  |  Vrouesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.