Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Vladyslav Sirenko seëvier in Kiëf

Vladyslav Sirenko, die 25-jarige swaargewigbokser van Oekraïne wat tot onlangs nog in Suid-Afrika gewoon het, het Saterdag sy onoorwonne rekord in sy geboortestad Kiëf behou.

Vladyslav Sirenko, hier op pad om Alick Gogodo in ’n vorige geveg pak te gee, was Saterdag in Kiëf weer aan die wenkant toe hy Pavlo Krolenko verslaan het. Foto: Gallo Images

Sirenko het ’n moedige Pavlo Krolenko met ’n tegniese uitklophou in die vyfde ronde verslaan.

Krolenko het aanvanklik die pas aangegee, maar Sirenko het hom in die vierde ronde planke toe gestuur.

In die vyfde ronde moes Krolenko die stryd gewonne gee omdat hy weens ’n gebreekte linkerhand nie verder kon boks nie.

Dit was Sirenko se 14de agtereenvolgende oorwinning.

Hy gebruik deesdae Karlsruhe in Duitsland as basis, maar het voor dit agt van sy oorwinnings in Suid-Afrika behaal.

Angelo Leo van Amerika is die nuwe junior veergewigkampioen van die Wêreldboksorganisasie. Foto: Getty Images

In Uncasville in Connecticut, Amerika, het Angelo Leo die nuwe junior veergewigkampioen van die Wêreldboksorganisasie geword toe hy Tramaine Williams met punte oor 12 rondes verslaan het.

“My lyfhoue was die sleutel tot dié oorwinning,” het Leo ná die geveg gesê.

Hy sou aanvanklik vir die vakante titel teen Stephen Fulton baklei het, maar Fulton moes hom onttrek toe hy positief vir die koronavirus getoets het.

“Baie geluk aan Angelo, hy het dit gedoen. Maar luister, ek is reg vir hom, dis al wat ek het om te sê,” het Fulton gesê.

Ted Cheeseman het Saterdag een van sy beste vertonings in die bokskryt gelewer toe hy Sam Eggington in Essex in Engeland met punte oor 12 rondes gewen het. Foto: Getty Images

Op ’n toernooi in Essex, Engeland, het Ted Cheeseman Saterdag verras deur Sam Eggington in ’n opwindende geveg in die afdeling vir super-weltergewigte met punte oor 12 rondes te klop.

Cheeseman, wat sy laaste drie gevegte voor dié een verloor het, was oorstelp van vreugde.

“Ek sien vegters wat nie eens omgee as hulle verloor nie. Ek het my oë uitgehuil en het uit die kryt uit gehardloop. Ek is ’n wenner, ek het my hart vir hierdie sport gegee en ek voel ek moes verlede jaar meer geluk aan my kant gehad het,” het Cheeseman gesê.

• In nog ’n geveg wat Vrydag in Londen plaasgevind het, het Lyndon Arthur sy Statebond-ligswaargewigtitel redelik maklik behou toe hy Dec Spelman met punte oor 12 ronde verslaan het.

Spelman het moedig probeer, maar Arthur het heeltemal te veel krytvernuf vir hom gehad. – Fight Hype, Showtime, Boxing Scene

Meer oor:  Boks  |  Vladyslav Sirenko
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.